'Kersfees in Julie' is die tema vir die volgende drie weke en die hele sentrum is daarby aangepas.
Die blombakke het skielik ""sneeu"" en heerlike vuurwarm knetterende vuurplakkate gekry, die bome se stamme het wit en blou verkleur, sneeumanne en rendiere het oral verskyn en die Kersfeetjie is vir die volgende drie naweke by die gazebo te sien.
Veral die kleingoed kry die geleentheid om aan Kersvader 'n briefie te skryf om hul Kerswense nou al deur te gee, sodat daar geen verskoning is wanneer Kersfees kom nie. Diégene wat oplettend is, kan ook Mall geskenkkaarte wen deur reg te voorspel hoe-veel sneeumanne daar regdeur die Mall is. Kompetisievorms is by die verskillende winkels beskikbaar.
Besoek ook gerus die winkels met hul witwarm winteraanbiedinge en kuier rondom die heerlike warm drankies en soppe by die restaurante. Gaan neem ook gerus jou foto by die sneeubal in die bankgedeelte en gebruik dit as 'n Kerskaartjie.

Hier is Olga D'Emiljo van Greymatters Marketing, wat voortaan die Mall se promosies gaan hanteer, saam met twee helpers, besig om die SPCA winter village te bou. Die twee vlytige manne is Johndré Saayman en Raywin Andrews. Klante kan gerus donasies van honde- en kattekos in die hondehokke plaas vir gebruik deur die plaaslike DBV.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'