Advertorial Video
SAKE-NUUS EN VIDEO - Hoe navigeer jy jou beleggingsfondskeuse en maak jy die regte keuse tussen 1 400+ effektetrust fondse, en dit net in SA?
Die kort antwoord is, jy doen nie. Wat van jy begin met jou einddoelwitte in gedagte en bou dan 'n gebalanseerde beleggingsportefeulje volgens 'n vooropgestelde plan?
Jy besluit dus aan die begin wat jou opbrengsverwagting is en oor watter termyn jy dit wil behaal en stel dan so jou portefeulje saam.
Die plan begin met 'n strategiese bate-allokasie en behoorlike sektor- en aandeelseleksie.
Dit word natuurlik gedoen op grond van behoorlike navorsing deur ervare bate- en fondsbestuurders. Die goed gediversifiseerde strategie kan ook aangevul word met 'n persoonlike aandeleportefeulje om seker te maak dat jy nie koopgeleenthede in die mark mis nie.
Daar is soveel aspekte om in gedagte te hou by die bou van 'n gediversifiseerde portefeulje, waarvan die geldeenheid waarin jy wil belê, die geografiese ligging, belegginsgvoertuig, belastingimplikasies, beskerming en nalatenskap aan afhanklikes maar net 'n paar is.
Vir 'n volledige ontleding van jou huidige finansiële posisie en 'n bespreking van jou toekomstige drome en planne, kontak my gerus.
Wim van Zyl 082 377 1748 of e-pos na wim@wgawealth.co.za
VIDEO - WGA Wealth:
WGA Wealth is ‘n gemagtigde finansiële dienste verskaffer
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'