Advertorial
SAKENUUS - Geboue met vogprobleme is een van die grootste kopsere in die konstruksiebedryf.
WeatherPrufe, meer spesifiek hul waterdigtingsmateriaal, Elastocryl is die antwoord en bied 'n langdurige oplossing teen vog.
Elastocryl is 'n suiwer akriliese produk met 'n veselbinding wat probleme met staande water en UV uitstekend die hoof bied.
Elastocryl is geskik vir sementdekke, ondergrondse waterdigting en is ewe doeltreffend op visdamoppervlaktes.
Van die mees gereelde en taaiste probleme wat deur WeatherPrufe Elastocryl reggestel moet word, is wanneer produkte soos die sogenaamde torch on gebaseerde produkte verwyder en met Elastocryl waterdig gemaak moet word.
"Ons vind gereeld dat nuwe geboue waar hierdie tipe produkte in so min as 'n paar maande na aanwending, totaal ingegee het en dan reggestel moet word," sê David Wandrag van WeatherPrufe. David het 26 jaar se ondervinding in die verfbedryf.
Sy ryke ondervinding wend hy aan om gratis spesifikasies aan groot woonkomplekse, asook kostelose oorsig oor projekte te bied.
"Ons verskaf uitstekende WeatherPrufe-produkte aan van die heel beste bou- en verfkontrakteurs in die Suid-Kaap. Ons lewer ook 'n diens aan privaat persone, kontrakteurs en eienaars van geboue. Gratis advies word aan regspersone oftewel die body corporate van groot woonkomplekse
aangaande waterdigting, voorbereiding en verfwerk gebied, veral betreffende werk wat lang tydperke beskerming aan geboue sal verskaf."
WeatherPrufe-produkte spaar boukontrakteurs in die algemeen tussen 30 tot 40% op hulle verfrekeninge en as gevolg van die hoë soliede inhoud van die verfsisteme, is daar nooit die nodigheid vir derde of vierde lae nie. Bekende handelsname in die verfbedryf maak tans gebruik van vyf laag sisteme wat vanselfsprekend groot koste tot gevolg kan hê.
"Ons sien toenemend gevalle waar geboue slegs 'n paar jaar vantevore oorgeverf is, maar dat verfsisteme net eenvoudig nie die kustoestande kan hanteer nie.
Gevolglik word groot koste aangegaan om dit dan reg te stel. Deur WeatherPrufe uit die staanspoor te gebruik, kan hierdie probleem en koste oorbrug word," verduidelik David.
Weatherprufe Paints Southern Cape & Garden Route verskaf tans waterdigtings- en verfsisteme aan verskeie kontakteurs by gesogte gholflandgoedere soos Pinnacle Point, Mosselbaai, Fancourt, Oubaai, Kingswood, Simola, Pezula en verskeie ander woonkomplekse in die Suid-Kaap. Een van hulle jongste spogprojekte is Kaap de Goede Hoop 918, 'n sakekompleks en pragbaken in Hartenbos wat gedurende die uitdagende grendeltydperk voltooi en geopen is.
"WeatherPrufe-sisteme is aan kontrakteurs en die wye publiek beskikbaar en enigeen kan skakel vir gratis advies en raad. Ons is 'n plaaslike onderneming wat 'n deskundige diens, spesifiek tot kustoestande bied. Probeer ons en beproef ons bevredigende resultate."
'n Nuwe baken in Hartenbos, Kaap de Goede Hoop 918, nog 'n spogprojek wat 100% WeatherPrufe is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'