BESIGHEIDSNUUS - Waterdigting is by alle woonhuise aan die Tuinroete van belang sodat die struktuur van die gebou optimaal beskerm kan word.
WeatherPrufe Paints Southern Cape & Garden Route bedien reeds vir afgelope 14 jaar die Suid-Kaap met die heel beste in waterdigtings en verfsisteme.
David Wandrag van WeatherPrufe sê die eerste belangrike aspek van waterdigting is dat daar ‘n goeie afvloei van water moet wees.
Die helling moet met minstens 1cm vir elke 60cm val. Hy sê daar moet ook genoegsame afvloeiareas soos afleipype wees.
"Die heel belangrikste is die afseël van die oppervlak sodat daar geen water in die konkreetblad in beweeg nie. Waar die konkreet-dek nat is, veroorsaak dit verskeie probleme soos dat die roes van die metaalversterkings in die blad en meer opsigtelik lekkasies aan die binnekant van die gebou voorkom."
Waar heelwat van die tradisionele waterdigtingsisteme nie die mas opkom nie, het WeatherPrufe Paints met hulle Elastocryl suiwer akriliesesisteme, met vol membraan, die top sisteem vir langdurige waterdigting van konkreetdakke, parapet-mure en areas om vensters.
David sê Elastocryl word met die hand aangewend en verskaf ‘n optimale beskermingslaag wat son en waterbestand is en baie jare van uitstekende beskerming sal verskaf.
WeatherPrufe is kenners op die gebied van verf en sal inwoners op Mosselbaai en in die Tuinroete bystaan met die korrekte inligting en produkte, asook professionele arbeid.
Kontak hulle: (David 082 977 7802), (Mark 083 278 7898), (Andrew 071 129 1321) of die WeatherPrufe tak by 087 164 6086.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'