Sponsored Content
SAKENUUS - Regter Davis en andere het ‘n boek geskryf waarin hulle verduidelik dat dit ‘n natuurlike gevolg is van enige markgerigte ekonomie dat maatskappye en besighede sal misluk. Hulle sê dit is nie noodwendig ‘n slegte ding nie en dat meeste geïndustrialiseerde nasies aanvaar dat die mislukking van maatskappye deel is van ‘n gesonde ekonomie, omdat dit ‘n bevredigende resultaat is dat maatskappye wat nie in die mark kan kompeteer nie, deur sterker maatskappy oorgeneem of gelikwideer word.
Soos in die geval van mense, kom slegte dinge ook maatskappye en beslote korporasies (hierna gesamentlik “maatskappye” genoem) oor waarmee hulle moet handel. As die raad van ‘n maatskappy of die lede van ‘n BK redelike gronde het om te vermoed dat die maatskappy onder finansiële druk verkeer, of as die maatskappy nie die likiditeits- of insolvensietoets slaag nie en dit blyk dat daar redelike gronde is om die maatskappy te red, die raad van die maatskappy verplig is om die maatskappy in sakeredding te plaas of ‘n nota aan elke geaffekteerde persoon te stuur en verduidelik waarom hulle nie ‘n besluit geneem het om die maatskappy in sakeredding te plaas nie.
‘n Maatskappy slaag nie die likiditeitstoets nie, wanneer dit redelikerwys blyk dat die maatskappy nie al sy skulde in die volgende ses maande kan betaal wanneer dit verskuldig en betaalbaar is nie (kommersiële insolvensie) of dat die maatskappy insolvent sal raak (laste oorskry bates) in die volgende ses maande.
Nog ‘n moontlikheid is om ‘n kompromie aan die krediteure voor te stel in terme waarvan die krediteure instem om minder as hulle volle eise teen die maatskappy te aanvaar. Die direkteure of die likwidateurs van die maatskappy is geregtig om ‘n kompromie aan die krediteure of ‘n klas van krediteure voor te stel.
As al die bogenoemde pogings misluk het, kan die maatskappy by wyse van ‘n resolusie of ‘n hofbevel gelikwideer word, waarna ‘n likwidateur aangestel sal word om die maatskappy se bates te verkoop en die opbrengs tussen krediteure te verdeel op ‘n voorgeskrewe manier soos wat die Insolvensiewet bepaal.
Die beste manier om te verseker dat ‘n maatskappy nie misluk nie, is om seker te maak dat dit korrek gestruktureer is vir die doel waarvoor dit bestaan, om strategiese planne met ‘n visie en ‘n missie te hê waarby almal in die besigheid inkoop, om verkoops- of produksieteikens te hê, aksieplanne, tydsbeperkings, begrotings, monitering en evalueringstelsels. Om te meet is om te weet.
Dit is ook belangrik om seker te maak dat finansiële state op datum is, oortrokke fasiliteite en skulde behoorlik gemonitor word en nie altyd op die grens van die maatskappy se vermoë is nie, om nie agterstallig te raak met BTW nie, om belasting en krediteure betyds te betaal, om debiteure doeltreffend en betyds te vorder, om personeelprobleme te beperk en daarna om te sien, om beheer te hê en persoonlike borgskappe en addisionele sekuriteit deur direkteure of aandeelhouers te beperk.
Dit is ook van uiterste belang om effektiewe beheer oor die administrasie, finansies en algemene bestuur van jou besigheid te hê.
Die afwesigheid van bogenoemde maatreëls, uitvoering en planne is dikwels aanduidend dat probleme op die maatskappy of die besigheid wag en dat die maatskappy gedoem is vir mislukking.
Vir verdere navrae, advies of om jou maatskappy op die volgende vlak van effektiwiteit te plaas, kontak Danie Acker of Basson Piek by 044 601 9900 of office@rgprok.com; www.rgprok.co.za
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'