Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Murex Travel het sy deure op 3 April 2018 geopen en vandag, vyf jaar later, is hulle steeds in dieselfde gebou gehuisves en gaan die besigheid net van krag tot krag.
Peter Hansen, eienaar van Murex Travel en voorheen 'n werknemer van die XL Groep, het tot op hede duisende inkomende en uitgaande toeriste bedien.
Met liefde en passie vir reis het hy Murex Travel begin en saam met sy personeel lewer hulle 'n diens aan toeriste van verskeie lande soos Suid-Afrika, Amerika en Europa. Hulle gee gehalte diens aan plaaslike en oorsese reisigers.
Met 13 jaar kennis in die bedryf en Hansen se eerstehandse kennis van lande soos Duitsland, Thailand, Mauritius, Seychelles, Zanzibar en Dubai, bied hulle sakpas pakette vir kliënte aan.
Een jaar na hulle amptelike opening, in 2019, verseker Murex Travel hul eerste drie jaar kontrak met 'n staatsdepartement met binnelandse reise tussen die provinsies. Twee jaar en 'n paar maande later in Augustus 2021, kry hulle nog 'n drie jaar korporatiewe kontrak by, deur 'n geleentheid in die Noord-Kaap.
Ná die Covid-19-pandemie het die aanvraag vir toerisme toegeneem en het Charmaine Hansen by die groep aangesluit om die groter aanvraag te help hanteer. Met haar wye kennis in die bedryf, veral in bootreise, hanteer sy baie van die daaglikse aanvraag vir binnelandse reise, korporatiewe en plaaslike MSC bootreise. In Januarie die jaar sluit Doné Ballack en in Februarie sluit Melandri Olivier ook by die span aan.
Die doelwit van Murex Travel is om 'n buitengewone reiservaring vir hulle kliënte te bied en 'n 24/7 diens te bied waar ookal jy jouself in die wêreld bevind. Buiten mededingende pakette bied hulle ook doeltreffendheid, buigsaamheid en kwaliteit- en persoonlike diens.
Hansen en sy personeel nooi almal om hul kennis, professionaliteit, buigsaamheid, persoonlike benadering asook sterk koopkrag en 'n verskeidenheid produk portfolio's op die proef te stel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’