Advertorial
MOSSELBAAI SAKENUUS - 'n Mens kan Jaco van der Merwe van Mosselbaai Volkswagen inderdaad maar die boer die kuns afvra soos die gesegde lui aangesien hy vir die agtste keer aangewys is as Volkswagen Suid-Afrika se topverskoopsman.
Jaco het in 2004 by Volkswagen in Humansdorp begin werk en kwalifiseer reeds in 2005 vir 'n toekenning. Toe hy in 2007 by Volkswagen Mosselbaai aansluit, het hy behoorlik sy vlerke gesprei en sedert 2011 die een toekenning na die ander ingepalm.
Om hierdie prestasie te behaal komende van 'n dorp soos Mosselbaai, is inderdaad iets besonders. Jaco meen sy sukses kan toegeskryf word aan verskeie faktore. "Dit is te danke aan ons kliëntebasis en ook Volkswagen Mosselbaai se geskiedenis van kwaliteitdiens." Dié tak het self al spogtoekennings oor die jare ingepalm.
Jaco sê ook dat hy oor die jare by die tak 'n sterk kliëntenetwerk opgebou het, nie net onder die plaaslike inwoners van die omgewing nie, maar ook vakansiegangers en besoekers aan die dorp.
Sy jarelange ervaring sal Jaco voortaan gebruik om die verkoopspan by Volkswagen Mosselbaai te slyp en op te bou, aangesien hy onlangs bevorder is tot verkoopsbestuurder. "Ek sien baie daarna uit om my kennis en ervaring te deel sodat elke spanlid en die tak daarby kan baat vind."
Jaco sê dat hy nooit aan homself gedink het as 'n suksesvolle verkoopsman nie. "Ek werk baie selfgedrewe en is eintlik in kompetisie met myself. Ek wil net elke keer nog 'n bietjie beter en dan nog 'n bietjie beter doen." Duidelik het hierdie resep vir Jaco en Volkswagen Mosselbaai, goeie vrugte afgewerp.
Jaco praat met lof van die tegnologie en ander hulpmiddels deur Volkswagen Mosselbaai beskikbaar gestel om verkoopspersoneel te bemagtig. Dit sluit in die videos wat gemaak kan word om voornemende kliënte 'n eerstehandse ervaring te gee van hoe die voertuig lyk wat hulle beoog om te koop.
"Ek wil graag sien dat elkeen in die verkoopspan suksesvol moet wees in die sake wat hy doen. Dit dra by tot 'n algehele positiewe beeld. Die groot geheim is om die kliënt gelukkig te hou en waarde toe te voeg tot hulle koopervaring. Dán, kom hulle terug."
Volkswagen Mosselbaai bied tans 'n promosie op die Amarok-bakkie. Vir meer inligting, besoek hulle by 10 - 13 Mascadorstraat, Voorbaai of skakel 087 086 5200 of Jaco kan direk bereik word op 083 283 9354.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'