Sponsored Content
SAKENUUS - Baie dankie aan almal wat vir Vidamed gestem het en aan die besonderse span mense wat Vidamed so spesiaal maak.
Hierdie toekenning is 'n wonderlike erkenning van die sorg, professionaliteit en toewyding waarmee ons elke pasiënt versorg.
Vidamed bied 'n daghospitaal én sub-akute eenheid op een perseel, waar vriendelike administratiewe personeel sorg dat pasiënte spoedig en doeltreffend opgeneem word.
Die Vidamed Sub-akute Eenheid is 'n mediese fasiliteit waar rehabilitasie deur 'n multidissiplinêre span aangebied word aan pasiënte wat herstel ná 'n beroerte, heup- of knievervanging, of 'n groot operasie. Passievolle verpleegpersoneel ondersteun die span met toegewyde mediese versorging, met die doel om pasiënte te help om so spoedig moontlik weer huis toe te kan gaan.
By Vidamed Daghospitaal is daar twee goed toegeruste teaters waar dagprosedures uit verskeie mediese spesialiteitsvelde daagliks uitgevoer word.
Bekwame chirurge en mediese personeel verseker professionele sorg, waarna pasiënte dieselfde dag huis toe kan gaan om in hul bekende omgewing te herstel.
Vidamed is geregistreer by alle mediese fondse en verwelkom ook privaat pasiënte.
Vir meer inligting, besoek www.vidamed.co.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’