Advertorial Gallery Video
SAKENUUS EN VIDEO - United Paints het wel slegs 'n paar maande gelede 'n tak op Stilbaai geopen, maar hulle bestaan reeds sedert 2007 en het drie ander takke in die Suid-Kaap, waaronder George, Mosselbaai en Oudtshoorn.
Melissa Greyling is mede-eienaar van die besigheid op Stilbaai.
Melissa is persoonlik betrokke en daarom kry kliënte professionele diens van die hoogste gehalte, teen geen ekstra kostes nie. "By United Paints geniet ons dit nog om met ons kliënte te praat en te adviseer waar nodig! 'n Verfprojek is nie perdekoop nie," sê sy.
Dié verfhandelaar en selfdoenwinkel (DIY) verskaf nie net 'n wye reeks verf nie, maar ook die gewilde Tjoko-verf wat vir meubels, lapverf en selfs mure geskik is.
Fotogalery: United Paints op Stilbaai
Bou jy 'n nuwe huis of wil jy jul bestaande huis opknap? Dan is United Paints net die regte plek vir binne- en buiteverf, staalverf, vernis, dakverf en seëlaars. United Paints gaan binnekort ook Eco-rubber verskaf waarmee 'n dak geverf word en dit terselfdertyd seël.
Kyk 'n video hieronder:
Hier kan jy alle verfbenodigdhede, kunsitems, asook skoonmaakmiddels kry - alles onder een dak.
Dit is in verskillende kleure beskikbaar en is uitstekende waarde vir geld. Hulle meng ook verf na 'n kleur wat 'n kliënt verlang en doen colour matching.
"Ons pryse vergelyk baie goed met ander handelaars; inteendeel - ek dink ons is baie goedkoper," gee Melissa die versekering. Volgens haar gee hulle korting aan kontrakteurs, verwers, bouers en enigeen wat in grootmaat by hulle aankoop. Indien nodig lewer hulle ook af.
"Ons beplan om na 'n 'hobby shop' uit te brei met allerlei kunsbenodigdhede (arts en crafts), asook beeldjies, kassies en houers wat jy self kan verf. Kinders kan vakansietye hier voor ons winkel beeldjies, hempies en selfs doeke (canvas) kom verf. Dit is groot pret."
"Ons nooi die gemeenskap uit om te kom kyk wat ons bied en sien daarna uit om julle met professionele raad en advies by te staan," sê sy.
KONTAKBESONDERHEDE
- Waar: Hoofweg-Oos (langs Puffies)
- Kontaknommer: 064 624 5960
- E-pos: unitedstilbaai@gmail.com
Melissa Greyling, mede-eienaar van United Paints op Stilbaai.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'