Advertorial Video
KLEIN-BRAKRIVIER NUUS & VIDEO - De Kleine Loerie-bakkery in Klein-Brakrivier het die afgelope week sy deure oopgemaak.
Hierdie opwindende toevoeging tot Mosselbaai is 'n uitbreiding van die bekende en geliefde Loerie-bakkery in George.
Die amptelike opening van die bakkery het op Vrydag 1 April by die Klipheuwelplaas duskant die N2 in Klein-Brakrivier plaasgevind.
Eienaars, Morné en Lantie Gricius is al jare in die bakkerybedryf en beskik nie net oor die kundigheid in hulle bedryf nie, maar ook die passie.
By De Kleine Loerie word daagliks vars brood, 'n verskeidenheid van koeke, koekies, pasteie en allerlei soetighede soos ystervarkies en kolwyntjies gebak.
'n Intieme koffiewinkel waar besoekers kan aansit of wegneemkoffie bestel, grens aan die bakkery.
Die Kleine Loerie-span is bekwaam en lewer flink, vriendelike diens.
"Ons is trots om te sê ons produkte is vars. Boonop spesialiseer ons in handgemaakte brode wat suurdeegbrood en olyf-ciabattas insluit," sê Morné.
Geen produk staan 'n dag oor nie en alles wat by De Kleine Loerie bedien word, is kraakvars.
Binnekort sal besoekers ook getrakteer word met 'n spesiale afdeling by De Kleine Loerie waar spesialiteit handgemaakte sjokolade en roomys bedien sal word.
VIDEO: De Kleine Loerie-bakkery open sy deure
Morné sê hulle nooi inwoners uit om die asemrowende uitsig oor Klein-Brakrivier se plase te geniet terwyl kwaliteit koffie en smaaklike gebak bedien word.
"Kom maak 'n draai by ons, kry vir jou 'n lekker koffie en 'n varsgebakte broodjie en geniet die omgewing saam met ons," sê Morné.
Naas die bakkery en koffiewinkel is daar ook 'n heerlike speelplek vir kinders op die grasperk voor die ingang van die bakkery.
De Kleine Loerie-bakkery is oop Dinsdae tot Vrydae vanaf 09:00 tot 15:00 en Saterdae en Sondae vanaf 09:00 tot 14:00.
Hierdie tye is onderhewig aan verandering.
Kontak 044 868 0223 vir meer inligting.
Besoekers aan die bakkery kan daagliks varsgebakte brode bestel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'