Advertorial
MOSSELBAAI SAKE NUUS - VIDAMED Privaat Hospitaal in Da Nova bedien sedert die begin van Januarie 2015 die inwoners van Mosselbaai en omgewing met mediese dienste in ’n moderne en skoon fasiliteit.
Die hospitaal beskik oor ‘n daghospitaal en ‘n sub-akute afdeling.
Die Daghospitaal bestaan uit 20 beddens met 2 moderne teaters. Ervare kliniese personeel ondersteun spesialiste in die uitvoer van dagprosedures. Die nuutste toegevoegde diens is ‘n apteek vir hospitaal voorskrifte om die hospitaalvoordeel optimaal te benut.
Celesta Müller is die apteker wat hierdie diens lewer. Dr Henning van den Heever, ‘n oftalmoloog (oogspesialis) en dr. Gert Wessels (oor-, neus- en keelspesialis) is die nuutste 2017 toevoegings tot die medici wat van die teatergeriewe by Vidamed gebruik maak.
In die Sub-akute afdeling word die 15 beddens gebruik vir pasiënte wat mediese versorging en rehabilitasie benodig na ‘n groot operasie soos ‘n knie- of heupvervanging.
Verskeie ander dienste is ook beskikbaar waaronder palliatiewe sorg. Die diens word gelewer deur ‘n multidissiplinêre mediese span bestaande uit ‘n dokter, fisioterapeute,‘n arbeidsterapeut, maatskaplike werker, spraakterapeut, dieetkundige en sielkundiges.
Hierdie span vergader weekliks waartydens die mediese versorging en doelwitte vir elke pasiënt bespreek word.
Die nuutste lid van die span is Dr Geraldine Leonard, ’n algemene praktisyn, wat nie meer aan ‘n privaatpraktyk verbonde is nie, maar by Vidamed se sub-akute eenheid betrokke is.
VIDAMED is geregistreer by alle mediese fondse. Vir toelating tot Vidamed moet ‘n pasiënt deur ‘n dokter verwys word en moet die nodige magtiging eers verkry word van die pasiënt se mediese fonds.
VIDAMED se mediese sorg word op so ‘n wyse aangebied, dat die pasiënt tuis en gemaklik voel. In die versorging van terminale pasiënte in die sub-akute afdeling, is dit vir Vidamed ook belangrik om die familie met deernis en liefde te ondersteun.
VIDAMED is maklik toeganklik vir pasiënte met fisiese gestremdhede en 24 uur sekuriteit en toegangsbeheer bied gemoedsrus vir beide pasiënte en besoekers.
Skakel hulle by 044 690 3402.
Arie Kadé (Hospitaalbestuurder), Sr. Monica Hlophe (Eenheidsbestuurder: Daghospitaal) en dr. Henning van den Heever (Oftalmoloog) Dr Henning van den Heever, ‘n oftalmoloog (oogspesialis) en dr. Gert Wessels (oor-, neus- en keelspesialis) is die nuutste 2017 toevoegings tot die medici wat van die teatergeriewe by Vidamed gebruik maak.
Sr. Kirsty Pienaar (Bestuurder: Dagsaal) by Celesta Müller (Vidamed apteker).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'