Sponsored Content
SAKENUUS - Die ontwikkeling van 'n aftreeoord by Adler's Nest in Aalwyndal, Mosselbaai, gaan van krag tot krag.
Eienaar Hein Marx het oor die afgelope sewe jaar 'n uitstekende getuigskrif vir Adler's Nest opgebou.
Dit staan bekend as 'n fasiliteit wat, benewens verswakte sorg, uitstekende mediese diens 24 uur per dag verskaf.
Die nuwe aftreeoord sal bestaan uit eie titelhuise en deeltitelwoonstelle. Daar sal ook ’n gemeenskapsentrum wees wat alles sal hê, insluitend ’n winkel en selfs ’n gimnasium waar inwoners van dié oord kan oefen.
Boonop sal die aftreeoord troeteldiervriendelik wees. Kostes sal per persoon vereffen word en nie per eenheid nie.
Marx sê daar sal 100 000 liter water per dag vir inwoners beskikbaar wees om onder meer voertuie te was en tuine te besproei. Marx sê: "Ons sal self riool ondergronds verwerk en dus genoeg water verseker."
Benewens al die ander voordele vir huiseienaars, is dié oord uniek omdat dit die mooiste uitsig oor die berge en die see het.
"Huise sal van siersteen gebou word sodat die onderhoud so laag as moontlik is. Moderne sekuriteit sal ook 24 uur per dag vir inwoners beskikbaar wees en huiseienaars kan hul laaste jare in 'n veilige, pragtige en bekostigbare omgewing deurbring," merk Marx op.
"By Adler's Nest bied ons 'n veilige, rustige en stil omgewing. Ons reëls is nie rigied nie, want ons wil hê die inwoners en besoekers moet so tuis as moontlik hier voel," sluit Marx af.
Kontak: Hein - 082 801 5399.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’