Sponsored Content
SAKENUUS - Jy ken vir Traxdor, jy vertrou Traxdor, en jy weet waar Traxdor is - Via Appiestraat 24, Voorbaai, Mosselbaai.
Via Appiestraat sal byna nie dieselfde voel sonder Traxdor se kenmerkende rooi 'X' wat jou groet wanneer jy om die draai kom nie. Soos die Engelse sê: X marks the spot! En dié spot is besig om lekker uit te brei.
"Ons is hier, en ons is hier om te bly!" sê die manne agter dié gevestigde familiebesigheid.
Neefs Nico de Lange en Dawie Maartens, en Dawie se skoonseun, Ruan Roberts, gesels so 'n bietjie oor hul besigheid se groei oor die afgelope 16 jaar, en hul opgewondenheid oor die toekoms is aansteeklik.
In 2010, met die vestiging van Traxdor in Mosselbaai, het die manskap nog slegs uit Nico en Dawie bestaan; Ruan het in 2018 aangesluit om die prentjie te voltooi.
Nico is die besturende direkteur en Ruan die bestuurder; hulle gesigte sal jy daagliks by die fabriek sien. Finansiële direkteur Dawie hou weer die sake op die finansiële front onder beheer.
"Aanvanklik het ons hoofsaaklik op sekuriteitsprodukte gefokus, maar ons het besef ons kliënte soek 'n maatskappy wat meer van hulle projek onder een dak kan hanteer," sê Nico.
Vandag bied Traxdor dus ook aluminiumvensters en -deure, glaswerk, balustrades, pergolas, motorafdakke, motorhuisdeure en verskeie ander produkte aan.
So, of jy nou 'n nuwe huis bou of beplan en of jy opgraderings aan jou huidige woning wil maak, die Via Appie-Traxdor-draai is die plek waar jy moet gaan aanklop.
Ruan Roberts by een van Traxdor se vele produkte.
Maar dis nie al nie, sê Ruan. "Hoewel ons steeds baie residensiële projekte doen, is ons deesdae ook toenemend betrokke by kommersiële projekte en nuwe ontwikkelings, en ons werk gereeld saam met bouers, argitekte en ontwikkelaars.
"Traxdor is 'n familiebesigheid, en ons passie was nog altyd om iets te bou waarop ons trots kan wees. Ons uitgebreide 'familie' bestaan uit 27 toegewyde werknemers wat elke dag in die fabriek, kantoor en op installasies werk."
Een van die personeellede, Masixole Ntshaba, en bestuurder Ruan Roberts by een van Traxdor se vele produkte.
Musa Sipunzi werk aan 'n sekuriteitshek.
Een van Traxdor se agente, Loot Lombard, is nog iemand met wie die familie 'n sterk verhouding het.
"Ons werk al jare saam met Loot, en baie mense sal hom onthou vanuit Traxdor se ontvangs en vertoonlokaal, waar hy ons sekuriteitsprodukte bemark en verkoop het. Hy het nou met sy besigheid, Arrow, na sy eie perseel geskuif, maar kliënte kan steeds met volle vertroue Traxdor-produkte by Arrow kry, en ons hier by Traxdor sien uit na hierdie nuwe hoofstuk en nog baie jare se samewerking."
Traxdor is your one-stop shop in Via Appie Street.
Traxdor, a household Mossel Bay name since 2010, is your one-stop shop in Via Appie Street for all your home security product needs.
Realising over the last few years that their clients expect a company that covers more of their needs under one roof, the team has decided to offer you even more.
From aluminium windows and doors to glasswork, balustrades, pergolas, carports, garage doors and a variety of other aluminium and security solutions, they've got you covered.
Traxdor is a family business in which Nico, Ruan and Dawie make your safety and home their top priority.
Twee van die manne agter Traxdor, Nico de Lange en Ruan Roberts.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’