Sponsored Content
SAKENUUS - Onder die nuwe eienaarskap van Aldert Greyling het Supaquick Mosselbaai 'n facelift gehad en kliënte is mal daaroor.
Maar die voorkoms is nie die belangrikste eienskap van 'n bandeverskaffer nie - die gehalte van hul diens en produkte is. En daarmee is ons kliënte so tevrede dat hulle plasings daaroor maak op sosiale media!
Daarby is ons sopas genomineer in die Best of Mossel Bay Readers' Awards - vir beter getuienis kan mens skaars vra.
Stem vir ons hier: https://www.bestofsouthafrica.co.za/mossel-bay/
Ons is in Mosselbaai en ons is hier vir Mosselbaai se mense. Of ons nou bande, remme of skokbrekers vervang of uitlaatstelsels en trekstange installeer, ons hele span streef daagliks om 'n professionele diens te lewer en te verbeter waar ons kan. Ons doen ook brake disk skimming, klein dienste, hervul van lugversorgingseenhede en vervanging of verbetering van die suspensie.
Onder leiding van Jacques Vermeulen met sy 32 jaar ervaring in die bedryf, kennis van produkte en kontakte op Mosselbaai, waarborg ons span net die beste. Die persoonlike betrokkenheid van die eienaar, ons fokus op kliëntediens, die gehalte van al ons werk, en volgehoue opleiding van personeel maak van ons die beste.
Met Aldert se ingenieursagtergrond, sy passie vir 4x4 modifikasies en heropbou van ou voertuie en 10 jaar ervaring in dié veld, doen ons ook graag modifikasie van 4x4 voertuie.
Bestuurspan: Aldert & Jacques
As kliënte nie voel dat hulle eerste gekom het nie, wil ons daarvan weet.
- 7 George Bendle Straat, Mosselbaai
- 087 654 4501
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’