Advertorial Video
SAKE NUUS & VIDEO - "Help! My kind sukkel op skool!" Met haar ondervinding van leerondersteuning, ken Riana Steyn hierdie hulpkreet van baie ouers maar alte goed.
Riana, 'n gekwalifiseerde onderwyseres, het vir 22 jaar in Langebaan 'n lees- en studiesentrum gehad en met talle leerders gewerk.
Sy het nou in Mosselbaai gevestig en in Da Nova, oorkant Superspar, die deure van Solutions Lees- en Studiesentrum geopen.
Sy hoop om 'n verskil te maak vir leerders van alle ouderdomme vir wie skool nie lekker is nie, hetsy individueel of in klein groepe, in Afrikaans en Engels.
Lees en skryf berus op sekere basiese vaardighede soos konsentrasie, geheue, kennis van klanke (visueel sowel as ouditief) en hoe om dit te gebruik, asook woordeskat en begrip, om maar 'n paar te noem. Onder- of onontwikkelde vaardighede is meestal die oorsaak van swak lees.
'n Basiese, bekostigbare assessering word gedoen om te bepaal wat die oorsaak is van 'n leerder se probleem, waarna 'n program saamgestel word om dit aan te spreek.
Dienste wat aangebied word sluit in
- Ondersteuning met lees en skryf: 1-2 ure per week volgens 'n vaste tydgleuf
- Rekenaarleesprogram: 1-2 x 30 minute per week: fleksietyd
- Studiemetodes: 1 uur per week: vaste tydgleuf
- Leerders met spesiale behoeftes: 1-4 ure per week: vaste tydgleuf.
- Intensiewe vakansieprogramme: 3-5 uur per dag
- Huiswerktoesig wanneer ouers ander afsprake nakom.
Vir meer inligting, kom gesels met Riana tydens 'n opedag van die Solutions Lees- en Studiesentrum op Dinsdag, 19 Maart tussen 09:00 en 18:00, of besoek https://bit.ly/2TJ8TBP
Riana Steyn het nou in Mosselbaai gevestig en die deure van Solutions Lees- en Studiesentrum geopen.
Solutions Lees- en Studiesentrum.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'