Advertorial
SAKENUUS - Begrafnisondernemers met fluweelhandskoene groei van krag tot krag. Garden Route Funeral Services (GRFS) Mosselbaai kondig met trots aan dat ons hande gevat het met Sonja Smith Elite Funeral Group, Garden Route-Franchise. Ons uitgangspunte in hierdie veld waar deernis van uiterste belang is, is dieselfde.
GRFS se gemeenskapsbetrokkenheid in Mosselbaai en die wyer omgewing en Sonja se droom om 'n boetiek begrafnisonderneming te vestig, het die geleentheid geskep om die droom te vergroot en koppe bymekaar te sit.
GRFS het hulle harte, fasiliteite, spanne en sterk gevestigde besigheidsverhoudings tot hierdie edel inisiatief beskikbaar gestel.
Vanaf Maandag 15 April 2024 is Sonja Smith Elite Funeral Group, Garden Route Franchise by die Garden Route Funeral Services perseel geleë te Blandstraat 75, Mosselbaai.
Ons is dankbaar dat Sonja Smith Funeral Group van die geleentheid gebruik maak en ten doel stel om ons nalatenskap van belegging en betrokkenheid in die gemeenskap van Mosselbaai op 'n selfs hoër vlak, voort te sit.
Sonja Smith Funeral Group sal voortgaan om hul professionele begrafnisdienste met sorg, deernis en waardigheid te lewer vanuit hul nuwe kantore in Blandstraat 75, Mosselbaai asook die bestaande perseel te Soetdoringstraat 32, Heiderand.
Kontak Elmarie Gildenhuys by 044 110 0021 of 064 750 6127.
Hul kantore in George is in CJ Langenhovenstraat 23, Dormehlsdrift.
Kontak Estelle Schlebusch by 044 110 0020 of 064 750 6125.
Hierdie groep is geregistreer by die NFDA sedert 2006 en is 'n gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer (FSP 47204).
Sonja Smith is 'n voormalige Sakevrou van die Jaar en gekroon as die National Small Business Chamber (NSBC) se Vroue in Besigheid-kampioen.
Sonja Smith is ‘n voormalige sakevrou van die jaar.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’