GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Vir vakansiegangers, wat hulp benodig vir takies in en om julle huise gedurende die vakansietyd, is 'n oplossing net om die draai. Die Skarrelhuis op Groot-Brakrivier se huisskoonmakers, tuiniers en vensterwassers, is reg en gereed om te kom help. Besoek die Skarrelhuis of skakel. (071 537 8317). Die Skarrelhuis gaan op 25 en 26 Desember asook op 1 Januarie gesluit sal wees, met verkorte ure in Desember naamlik vanaf 6:30 tot 9:30.
Die Skarrelhuis-werkskeppings-projek is op 3 Oktober 2022 op Groot-Brakrivier geloods om werknemers en werkgewers bymekaar te bring en 'n databasis van werkers en hul bekwaamhede op te bou.
Werkverskaffers en besighede kon sedertdien die Skarrelhuis kontak vir werkers en 'n persoon met die regte vaardighede daar gaan oplaai. Meer as 500 werksoekers en oor die 300 werkverskaffers is reeds op die databasis geregistreer.
Die Skarrelhuis-projek is 'n gemeenskapsinisiatief, wat begin is ná probleme ondervind is met werksoekers wat op die hoek van Langstraat en die Sandhoogtepad saamgedrom het vir geleenthede om te werk.