Advertorial Gallery
MOSSELBAAI SAKENUUS - Die vroue aan die stuur van sake by Mosselbaai se jongste sentrum vir mediese estetika, het oor 'n koppie koffie besef hoe baie hulle in kennis en ervaring het om aan kliënte te bied.
Met 33 jaar se gesamentlike ervaring, bied Ellea Medical Aesthetics, 'n groot verskeidenheid velsorgoplossings.
Dr Elmarie Boshoff is 'n algemene praktisyn met 'n passie vir mediese estetika en Lea Mastroguiseppe, 'n gekwalifiseerde somatoloog.
By hierdie boetiek-velsorgkliniek, word uitkomsgeoriënteerde, mediese behandeling gebied met die oog op die allerbeste resultate in elke unieke geval. "Ons fokus daarop om alle veltipes te kan behandel met kwaliteitprodukte. Die sleutelwoord vir ons is pro-aktiewe benadering tot veroudering van die vel, eerder as om net te fokus op teenveroudering. Ons teiken ook probleme soos akneevel en sonskade." Met laasgenoemde in gedagte, het die sentrum 'n wye reeks produkte vir sonbeskerming.
Die produkreekse Filorga, pHformula, SVR, Luscious Lips en Le Couvent is by Ellea beskikbaar. "Ons wil ons dienste en produkte aan die breë gemeenskap beskikbaar stel. Met hierdie doel het ons die reekse gekies, sodat ons niemand hoef weg te wys nie." Mediese prosedures soos botox en fillers, word ook deur dr Boshoff gedoen.
"Ons wil 'n persoonlike diens bied, gefokus op elke, unieke kliënt en sy of haar behoefte." Afsprake kan direk, sonder verwysing gemaak word. Die aanvanklike velanalise kan gratis gedoen word, voor behandeling begin. Die sentrum bied ook unieke behandeling vir haarverlies
Daar is baie sinergie wat hierdie twee vroue 'n gedugte span maak vir diegene wat velsorgantwoorde soek.
Besoek Ellea Medical Aesthetics by Da Gamastraat 4, Da Nova of aanlyn by www.ellea.co.za of skakel 067 299 2297.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'