Uit groot dankbaarheid vir soveel blessings ten opsigte van Seeff se stewige markaandeel en verkope; 'n professionele huur- en verkoopspan, bedryfsgerigte opleiding en selfontwikkeling, positiewe ingesteldheid en kwaliteit dienslewe-ring, is daar onder meer besluit om ook iets terug te gee.
Die Ice-Bucket Challenge, wat wêreldwyd gebeur om 'n groter bewustheid vir Motor-Neuron-Sklerose te kweek en geld in te samel, is geïdentifiseer as een van die projekte waarby die Seeff-span betrokke wil wees.
Op 'n baie koue middag het een van die Seeff konsultante, Blackie Swart, die uitdaging aanvaar en het Kaaiman Schutte (lisensiehouer/eienaar) hom met 'n ysgevulde emmer water getref. Nie een van die ander nege spanlede het vir dieselfde skokterapie kans gesien nie, maar wel die uitdaging aanvaar om by wyse van donasies deel te wees van hierdie goeie saak.
R2 500 is op hierdie wyse vir die MNS-saak en verdere navorsing ingesamel.
Die spanlede van Seeff het R2 500 ingesamel vir Motor-Neuron-Sklerose.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'