Sponsored Content
MOSSELBAAI NUUS - Ivan October, ‘n plaaslike entrepreneur het nóg ‘n mylpaal op sy kerfstok gesit, nadat hy die nuwe eienaar van Sea Shells-gastehuis geword het. Hierdeur het October, wat na homself as ‘n plaasjapie verwys, een van sy grootste drome bewaarheid.
"Ek het altyd vir myself gesê dat dit nie saak maak hoe onmoontlik my drome voorkom nie, ek gaan steeds hard werk en baie opofferinge maak, sodat ek ‘n toonbeeld van hoop vir minderbevoorregte entrepreneurs kan wees."
October, wat ook die eieneaar van Eagle Wings en Harmony Sounds is, is nie net ‘n gesiene sakeman nie, maar ook ‘n mentor vir jong entrepreneurs wat met beperkte middele, iets wil bereik.
Hy het egter nog allerlei planne om sy besighede uit te brei en ondersoek tans sakegeleenthede in Groot-Brakrivier.
“Sea Shells is maar net die begin,” berig October.
Ten spyte aan ‘n tekort aan hulpmiddels, het October sukses behaal danksy die hoop en wilskrag om van niks, iets te maak.
“Ek wil vir elke jong entrepreneur bemoedig om nie na die eerste probeerslag moed op te gee nie. Hou net vas aan jou droom.”
Hy bedank sy mentors, soos Mario du Plessis, vir al die raad en bystand. “Sonder julle insette sou ek nooit die entrepreneur wees wat ek vandag is nie.”
Sea Shells-gastehuis is in Blandstraat geleë, loopafstand vanaf die Mosselbaai-zipline en strand. Die gastehuis se fasiliteite is rolstoelvriendelik. DSTV en wifi, asook ‘n busdiens vir gaste, is beskikbaar.
Kontak Sea Shells-gastehuis: 044 691 2839
E-pos: ivanoctober@webmail.co.za of ivan@sea-shells.co.za of besoek www.sea-shells.co.za
Pryse: 10 Desember 2021 – 10 Januarie 2022
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'