Sponsored Content
MOSSELBAAI SAKENUUS - Rheebok Village landgoed bied alles waarna ‘n koper op soek na bekostigbare luuksheid hunker.
Hierdie 56 hektaar landgoed, geleë 14km vanaf Mosselbaai en sowat 20 km vanaf George, is een van die vinnigste groeiende nuwe sekureitsontwikkelings in die Suid-Kaap.
Kenners meen dat ‘n moderne landgoed wat die beste beleggingsopsie is, gekarakteriseer word aan natuurskoon, asook die algemene atmosfeer wat daar heers. Vrae wat van belang is wanneer kopers ‘n beleggingsopsie moet kies, is onder meer of dit ‘n landelike ontwikkeling is, of daar genoegsame roetes is vir wandel, draf en fietsry, en meer nog of ‘n gesonde leefstyl wat met buitelugaktiwiteite verband hou, binne ‘n veilige omgewing kan plaasvind.
Rheebok Village Landgoed bied ‘n alles-in-een-opsie aan kopers wat ‘n veilige tuiste soek, geleë in prag natuurskoon, naby aan die see en ander geriewe insluitende gesondheidsorg, winkelsentrums en restaurante soos in die omliggende dorpe Mosselbaai en George beskikbaar is. Des te beter, as hierdie geriewe bonoop teen ‘n billike prys beskikbaar is, wat by Rheebok Village Landgoed wel die geval is.
Een van die landgoed se unieke eienskappe is die 16 hektaar natuurpark waar veilige roetes ontwikkel is vir stappers. Geleë in ‘n natuursone, het dit die ontwikkelaars drie jaar geneem om toestemming te verkry om die landgoed te ontwikkel. Groot moeite is ook gedoen om indringerplante te verwyder. Hiervoor is ‘n tuinbouspan aangestel, wat van die eerste voltydse werknemers op die perseel was. Die natuurlike plantegroe, asook aangelêde tuine binne die landgoed, is ‘n lus vir die oog
Met meer as 10km van die landgoed se paaie uitgelê vir wandel- en staproetes, bied Rheebok Village Landgoed die antwoord vir kopers op soek na ‘n gesonde, natuurlike leefstyl.
Rheebok Village Estate bied boonop doeltreffende 24 uur sekuriteit by hulle aantreklike ingangshekke sodat inwoners verder stresvry tuis kan ontspan.
Wat atmosfeer betref, is Rheebok Village Landgoed onverbeterlik. Harmonie heers onder die inwoners wat leef volgens die beginsels van goeie buurmanskap. Die huiseienaarsvereniging verwelkom voornemende kopers wat graag hulle besonderse landgoed wil kom ervaar.
Die landgoed bied ‘n wye verskeidenheid van goed ontwikkelende argiteksplanne en bekostigbare leefstylopsies. Kopers kan egter ook hul eie planne laat opstel indien hulle dit so sou verkies, alhoewel dit in lyn met die argitektoniese riglyne moet wees.
Rheebok Village Landgoed sal uiteindelik 550 wooneenhede huisves. Besoek gerus vandag ‘n skouhuis of kontak Bonnita Potgieter by bonnita2009@gmail.com of 082 788 8959 of besoek www.rheebokvillage.co.za vir meer inligting.
Een van die landgoed se unieke eienskappe is die 16 hektaar natuurpark waar veilige roetes ontwikkel is vir stappers.
Rheebok Village Landgoed is een van die vinnigste groeiende nuwe sekureitsontwikkelings in die Suid-Kaap.
Rheebok Village Landgoed sal uiteindelik 550 wooneenhede huisves.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'