Advertorial
SAKENUUS - Prokureur Jan Kruger, reeds die afgelope 40 jaar 'n direkteur by 'n prominente en gevestigde regsfirma in Pretoria, se wortels lê diep op Mosselbaai. Kruger se ma was 'n oud-Vis en het dus aan Hoërskool Punt gematrikuleer. Vandaar sy liefde vir die dorp, waar van sy familie steeds bly en hyself ook eiendom besit.
"Ek is nog altyd diep gebonde aan Mosselbaai," verduidelik Kruger, wat hoop om meer tyd in die dorp deur te bring en mettertyd hier te kom hervestig.
Deel van hierdie nuwe lewensfase terug in sy komvandaan, is die vestiging van sy eie regspraktyk. Met Kruger se ryke ervaring in die regsveld sedert 1984, sien hy uit daarna om op Mosselbaai nuwe kliënte met sy kundigheid te dien.
"Ek open in 2022 my beskeie kantoor op Mosselbaai waar verskeie regsdienste spesifiek in die eiendomsveld, beskikbaar sal wees."
Kruger beoog ook om in die eiendomsmark betrokke te raak om sodoende na kliënte se unieke eiendomsbehoeftes om te sien.
"Vir my is interpersoonlike verhouding met kliënte kernbelangrik. Op hierdie manier, kan 'n mens waarlik 'n persoonlike diens lewer."
Maak gerus nadere kennis met Jan Kruger by www.jankruger.co.za of skakel 083 610 1105.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'