MOSSELBAAI NUUS - Professor Erwin Schwella van die Universiteit van Stellenbosch en 'n inwoner van Mosselbaai het onlangs samesprekings met die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal, die burgemeersterskomitee, munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee en die munisipaliteit se uitvoerende bestuur gevoer oor voorstelle om die dorp se sentrale sakegebied te herontwikkel tot voordeel van die hele gemeenskap.
Hy het verskeie voorstelle gemaak oor die tegniese opleiding van jongmense, oor gesondheidskwessies, moontlike nuwe ontwikkelings en opgraderings in die dorpsgebied.
Raadsheer Levendal bedank prof Schwella vir sy inisiatief om Mosselbaai en die gemeenskap te bevorder.
Professor Erwin Schwella, tweede van regs, voor, saam met die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal en ander belanghebbendes wat onlangs besin het oor ontwikkelingsvoor-stelle vir die dorp se sentrale sakekern.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'