Advertorial
SAKENUUS - Die Mosselbaai Mall is die nuwe tuiste van PNA, propvol voorraad vir boekwurms, kunssinniges, hardwerkende studente en diegene wat enige kantoorbenodigdhede moet aanskaf.
Eienaars Louis en Erika Fourie, stap reeds 24 jaar 'n pad met die bekende PNA-handelsnaam.
Hulle eerste winkel is in Oudtshoorn geopen en tans besit hulle drie takke op George, waarvan die derde sowat 'n maand gelede geopen is. Hulle kinders bedryf die ewe suksesvolle tak in Bloemfontein. Saam bedryf dié produktiewe gesin dus tans altesaam ses PNA-winkels en bied werk aan 57 personeellede. Later vanjaar maak hulle 'n sewende tak op Kimberley oop.
Die Fouries is besonder in hulle noppies met die winkel in die Mosselbaai Mall, aangesien die ligging by ingang 2, hulle kwalik beter kon pas.
Dit is duidelik dat die Fouries genot uit hulle bedryf put. Vir Erika is dit puur plesier ons soggens te gaan werk en Louis hou van die diversiteit wat elke dag bied.
PNA se produktereeks sluit in 'n wye verskeidenheid skryfbehoeftes, boeke, waaronder studiemateriaal, arts & crafts, geskenkbenodigdhede en kaartjies, opvoedkundige speelgoed en bordspeletjies. "Ons winkel het 'n gemiddeld van 13 000 verskillende items," sê Louis.
Louis voel besonder sterk oor uitnemende kliëntediens. "PNA is 'n goedvoel-winkel. Een van ons kliënte het vir my gesê as sy die dag 'n bietjie af is, laat dit haar onmiddellik beter voel om deur 'n PNA te loop en snuffel," sê Erika.
Die Fouries is eenstemming dat PNA die ideale inkopie-ervaring vir die hele gesin bied. "Ons het werklik iets vir almal," sê Louis.
Louis meen dat een van die groot voordele om 'n PNA-konsessiehouer te wees, is dat hulle self die aankope kan doen wat by hulle teikenmark pas. Hulle monitor deeglik waarvan hul klante hou en hou volgens hulle gemeenskap se unieke behoeftes, die rakke vol. Hulle herinner klante ook daaraan dat hulle produkte wat nie by 'n bepaalde winkel aangehou word nie, op aanvraag kan bestel.
"Kom kyk en kom beleef ons PNA-winkel," nooi die Fouries. Hulle vorm deel van 103 PNA-winkels landwyd.
Besoek gerus Mosselbaai PNA in die Mosselbaai Mall, hoek van Louis Fourieweg en Melkhoutstraat, Heiderand of kontak hulle by 044 868 0097.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'