Advertorial Gallery Video
MOSSELBAAI SAKENUUS EN VIDEO - Op soek na 'n gemaklike nommertjie vir die veranderende seisoen? Of dalk het jy pas by jou vakansiebestemming aangekom en jou plakkies tuis vergeet.
Pick n Play Clothing kan tot jou redding kom aangesien hulle nou 'n derde winkel in die Mosselbaai-omgewing met hul nuwe tak in Fraaiuitsig geopen het.
Die nuwe tak, geleë in Brinkleystraat, bied ware inkopiegerief en spog boonop met 'n praguitsig om die ervaring selfs nog meer aangenaam te maak. Met 'n reeks klere vir kinders, vroue en mans wat reeds geliefd en gewild onder verbruikers is, bied die nuwe winkel juis 'n ideale opsie vir diegene wat nie ver na die naaste groot winkelsentrum wil ry om klerasie te koop nie. Ook met die somervakansie voor hande, gaan die nuwe tak beslis 'n treffer onder talle besoekers wat die omgewing besoek wees.
Fotogalery: Pick n Pay Clothing nou in Fraaiuitsig
Pick n Pay Clothing se toesighouer, Yusuraa Hoffman kan nie wag om besoekers te verwelkom nie.
Sy vertel dat, soos in al Pick n Pay Clothing se winkels, is karakter T-hemde hier ook 'n treffer.
"'n Fleurige palazzo-broek, is net die ding vir die soel somertyd wat voorlê en die dames is mal daaroor. Ons hou ook die gewilde Buffalo Creek-reeks vir mans aan wat 'n keuse van grootte tot en met 4X4 bied. Vir lekker koel somervoetjies is daar tans 'n spesiale aanbieding om twee pare plakkies vir kinders teen R40 te koop.
"Ons nooi almal om ons winkel te besoek, want hier is uitstekende kliëntediens ons wagwoord," nooi Yusuraa.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'