Sponsored Content
MOSSELBAAI NUUS - Dit is die seisoen van gee, en Cobra Transport & Fuel het presies dit gedoen.
Die maatskappy, wat spesialiseer in langafstand-vervoer regoor Suid-Afrika, het persoonlike kerspakkette aan inwoners van Ons Huis op Vrydag, 20 Desember, geskenk.
Ons Huis is 'n tehuis vir senior burgers op Mosselbaai.
Elkeen van die huis se 84 inwoners het 'n Kerspakkie gekry opgemaak om in elkeen se behoeftes te vervul.
Noodsaaklike items is geskenk, soos doeke vir volwassenes, sjampoe en skeerroom.
Items is pragtig toegedraai en gemerk met 'n inwoner se naam, en versigtig onder 'n Kersboom in die huis se eetkamer geplaas.
Eienaar en stigter van Cobra Transport, Dicky Swanich, was teenwoordig met die oorhandiging, saam met ander lede van sy span.
"Nie baie mense kyk na ons senior burgers nie. Ons het die behoefte erken om noodsaaklike items aan die inwoners by Ons Huis te lewer, as 'n manier om dankie te sê," het Swanich gesê.
Hy het verder verduidelik dat baie van die inwoners nie gesinne het, wat vir die vakansieseisoen teenwoordig sou wees nie en daarom het sy maatskappy iets spesiaals vir dié gemeenskap gedoen.
Dit is nie die eerste of enigste keer dat Cobra Transport & Fuel sulke skenkings maak nie.
Die maatskappy lewer deur die jaar geskenkitems by verskeie ander organisasies in die Tuinroete af, nie net met Kerstyd nie.
Elizabeth Fouché, a resident of Ons Huis with Dicky Swanich.
Janoline Blom, Amber Joseph, Amanda Prinsloo, Dicky Swanich, Ilze Swanich en Bianca Swanich.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’