Advertorial
OUDTSHOORN SAKENUUS - Overberg Wealth & Risk Management ('n versekeringsmakelary en filiaal van die Overberg Agri en Kempston Groepe wat onderskeidelik 100 jaar en 45 jaar suksesvol besigheid in Suid-Afrika, doen), het landswye verteenwoordiging in die volgende dorpe en stede: Kaapstad, Paarl, Moorreesburg, Caledon, Bredasdorp, George, Uitenhage, Port Elizabeth, Oos-Londen, Hopetown, Kakamas en Keimoes asook die afgelope jaar op Oudtshoorn.
Volgens Arthur Janson, korttermynversekeringsbemarker van OWRM, fokus OWRM hoofsaaklik op die landbou, maar ook op kommersiële versekering (besighede, skole, vervoerkontrakteurs) en privaat individue.
OWRM het in die verlede verskeie toekennings verwerf by verskeie versekeraars wat onder andere insluit die Santam Landboumakelaar van die Jaar vir die Boland-streek.
OWRM spesialiseer in alle afdelings van finansiële beplanning wat onder andere insluit korttermynversekering, lewensversekering, mediese fondse, beleggings asook groepskemas. OWRM gee die gemoedsrus van 'n volledige en voorkeur diens en advies ten opsigte van kliënte se versekeringsbehoeftes. Gemeenskapsbetrokkenheid vorm 'n integrale deel van OWRM se waardes met betrokkenheid by skole, ouetehuise, boereverenigings, boeredae in die onmiddellike gemeenskap.
Van OWRM se produkaanbieding sluit: Korttermynprodukte:
Kommersiële versekering (Besighede, Skole & Kerke), versekering vir alle voertuie, landbou- en oesversekering, marineversekering, alle risiko- en kontrakteursversekering, persoonlike- en huishoudelike versekering.
Langtermyn produkte en -oplossings:
Lewensversekering, ongeskiktheidsdekking, dekking teen gevreesde siektes, inkomstebeskermingsplanne, aftreeplanne, beleggingsbeplanning, groepskemavoordele en testamente.
Skakel Overberg Wealth & Risk Management se kantoor op Oudtshoorn vandag nog vir gerieflike en professionele diens en advies by 044 279 1584/072 786 6423 of per e-pos na info@overbergwrm.co.za.
U kan hulle ook volg op Twitter by @overbergwrm, op Facebook asook die Webtuiste by www.overbergwrm.com. OWRM kan beslis waarde toevoeg tot u besigheid tov risiko bestuur en behoefte analise.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'