Hier op Oakdale is die welsyn, geluk en emosionele onwikkeling van elke leerder prioriteit. Gedurende die graad 8-leerders se eerste paar weke op Oakdale word klem gelê op die ophef-fing en groei van elke seun. Hier neem graad 12-leerders leiding om graad 8’s te laat glo in hulself, medeleerders en personeel. Op Oakdale word matrieks nie uitgeken aan hul voorkoms nie, maar deur hul voorbeeldige optrede, verantwoordelikheidsin en sin om te dien en nie om gedien te word nie.
Graad 8-leerders word omvou deur 'n warmte en hartlikheid wat aan hulle die ideale geleentheid tot groei en selfontwikkeling bied. Hulle floreer in 'n veilige ruimte waar hulle hulself ontdek en talente slyp met behulp van bekwame personeel en wêreldklasfasiliteite. Oakdale ontvang 'n jong seun en stuur 'n jong man die wêreld in.
Die dienste van professionele afrigters in 12 sportsoorte, asook 3 sportwetenskaplikes, 'n biokinetikus en 'n fisioterapeut in die binnenshuise sportsentrum verseker die gehalte van dienslewering wat Oakdale aan sy leerders bied. Oakdale het verlede jaar 133 provinsiale- en 10 nasionale sportmanne opgelewer.
Dit is die bevordering van balans in vormingsgeleenthede wat Oakdale die unieke tuiste maak vir enige leerder. Kultuur vorm 'n baie belangrike komponent van die Oakdale se “geleentheidspakket”. Hier neem seuns met sukses deel aan redenaars- en debats-kompetisies en word die geleentheid gebied om ook hul musiektalent in die koor en die Oakdale-orkes uit te leef.
Afgesien van die Oakdalers se prestasies op akademiese-, sport-, kultuur- en landbougebied, is hulle veral bekend vir hul kenmerkende optrede. Dis reeds die klein dingetjies wat op Oakdale tel - die groet, baadjieknope wat vas is, respek vir volwassenes en seniors, asook die uitleef van skooltrots en samehorigheid.
Oakdale is 'n “hoërskoolfees” wat, met betrekking tot werksetiek en breë be-roepskeuses, deeglike voorbereiding aan sy skoolverlaters bied.