BESIGHEIDSNUUS - VRP/Lancet lewer reeds sedert 2005 suksesvol 'n patologie-diens in Bloemfontein, Welkom en Kimberley.
Ons gaan ook nou vanaf 1 Augustus, 2022 in Mosselbaai 'n 24-uur diens lewer.
Ons is geleë in Da Gamastraat 2, reg oorkant die Life Bay View Privaat-hospitaal.
Ons bied die volgende 24-uur diens, vingerprik INR'e, algemene laboratoriumtoetse, versekeringstoetse en Covid-toetse. Dit is vir ons baie belangrik om 'n goeie diens te lewer en ons fokus is op gehalte resultate, vinnige omkeertye en 'n 24-uur diens aan die hospitaal, dokters, versekering, apteke en alle instap-pasiënte.
Pasiënte op antistol medikasie kan ook gebruik maak van ons vingerprik INR-toets.
Die INR resultate is dadelik beskikbaar en indien verkies kan 'n patoloog die pasiënte doseer ook.
Vir enige navrae oor die laboratorium kontak Van Rensburg Lancet by 044 601 9550.
Die opening van die nuwe Van Rensburg Patoloë Lancet Laboratorium op Mosselbaai bring 24-uur-gerief en diens aan pasiënte.Dié splinternuwe laboratorium is reg oorkant die Life Bay View privaat-hospitaal, in Da Gamastraat, nommer 2, geleë.
Besigheidsbestuurder, Paul Slater, sê Van Rensburg Lancet hanteer alle kliniese patologie."Ons doen alle bloedtoetse en ontleed die resultate.
"Daar is twee kenmerke van die laboratorium wat uitstaan. Eerstens is dit die kwaliteit van dienslewering en die omkeertyd van die resultate. Slater sê dat tyd vir hulle uiters belangrik is. Elke bloedmonster wat ontvang word, word as belangrik geag en word daarom vinnig en deeglik ontleed.
"Ons omkeertyd is baie hoog en ons laboratorium is dag en nag oop vir pasiënte," sê Slater.Hy sê 'n pasiënt kan enige tyd by Van Rensburg Lancet instap vir hulp. "Of jy om 23:00 of 02:00 na ons toe kom, ons sal jou help. Ons lewer 'n diens aan pasiënte 24-uur van die dag, op Kersdag of Oukersaand, ons is regtig die hele tyd oop.
"Boonop bied Van Rensburg Lancet ook tuisbesoeke aan pasiënte wat nie tot by die laboratorium kan kom nie.Instap-pasiënte wat bloedverdunningsmiddels gebruik, kan 'n vingerprik-toets doen en onmiddellik resultate ontvang.
Van Rensburg Lancet is 'n bekende handelsnaam en het reeds in 2005 in Bloemfontein ontstaan.
Besoek hierdie nuwe toevoeging tot Mosselbaai se puik mediese dienslewering.Die laboratorium maak op Maandag, 1 Augustus, oop.Vir enige navrae oor die laboratorium kontak Van Rensburg Lancet by 044 601 9550.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'