Met 33 jaar gesamentlike ondervinding in die restaurantbedryf, staan hulle gereed om elke uitdaging te hanteer.
Hulle is altyd beskikbaar om u te ontmoet en hoor graag voorstelle van wat Mosselbaaiers van Delfino's verwag, asook wat u gunsteling kos is.
Spesiale gunstelinge, soos groente, hoender schnitzels, ribbetjies en natuurlik, wafels vir Oom Andy, sal van tyd tot tyd die spyskaart aanvul. Danksy Japie en Bekkie, word die ou bekende groot, vierkantige Trammezinis ook weer bedien en Heleen en Surina kan hulle rogbrood vir die eerste keer by Delfino's geniet.
Beter en vriendelike diens, asook verbeterde huishouding is maar van die veranderinge waaraan gewerk word.
Klein en intieme funksies soos verjaarsdae en spesiale geleenthede kan in die 'lounge' gedeelte met sy warm en romantiese atmosfeer gehou word. Hier kan rustig saam gekuier word in die lang wintersaande en die klavier staan gereed vir diégene met die talent om bietjie self te tokkel. Victor, een van die kelners, het plaaslik beroemdheid verwerf vir sy klavierspel tydens partytjies.
Die musiek is ook verander om beter inslag te vind by Delfino's se kliënte. Delfino's is landswyd bekend en Johan en Wanda voel dit het tyd geword dat die plaaslike inwoners van Mosselbaai en omgewing weer besit neem van hierdie juweel op ons voorstoep. Met die mooiste uitsig, baie parkering en maklike toegang, ook vir gestremdes, is die tafel by Delfino's gedek om in ons gemeenskap se kuier en kulinêre behoeftes te voorsien.
Die vriendelike personeel by Delfino's.Foto: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'