Advertorial
SAKENUUS - Groot-Brakrivier het vandeesweek 'n nuwe algemene praktisyn verwelkom toe dr Jacobus Vorster sy praktyk in Langstraat amptelik geopen het. Tydens 'n geselligheid vandeesweek het 'n groep genooide gaste geleentheid gekry om dr Vorster beter te leer ken.
Dr Vorster het na 27 jaar op Potgietersrus besluit om sy ryke ervaring in die geneeskunde na dié Suid-Kaapse dorp en omgewing te bring.
Sy familie is Groot-Brakkers en dit het dus nie veel oortuiging geverg om hom te laat besef dat dié besonderse dorp 'n gesogte adres kan wees nie. Binne die bestek van 'n maand het hy dié groot stap geneem na jare wat hy 'n sterk praktyk in Potgietersrus opgebou het.
"Ek hou van al die gewone goeters," skerts hy, verwysend na siektetoestande soos griep en die bied van basiese gesondheidsorg, soos die neem van bloeddruk en dies meer waaroor pasiënte 'n algemende praktisyn konsulteer. Hy sê hy het 'n groot liefde vir kinders en verwelkom hulle graag by sy praktyk. Verder bied sy praktyk ook kosmetiese gesondheidsorg soos botox-inspuitings, vullers en die behandeling van spatare.
Sy groot voorliefde is egter voorkomende gesondheid. Hierdie behandeling waarin hy spesialiseer, sê hy, verg groot toewyding, maar bied lewensveranderende resultate.
Dr Vorster se praktyk is in Langstraat 93.
Spreekure is 08:00-17:00 gedurende die week. Hy is Saterdae en Sondae, asook na-ure beskikbaar op sy selfoon.
Kontak die spreekkamer by 044 518 0101 of dr Vorster na-ure by 063 409 6974.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'