Die gewilde inkopiesentrum ondersteun 'n projek wat ten doel het om vroue wat al deur moeilike tye is, by te staan.
Deidré Michaels, 'n lid van Creative Effective Families, is op 4 September bederf by Mosselbaai Mall met 'n heerlike ete by Caffé Latté, Leonora's Skin & Body Clinic het haar pragtig grimeer en Hair Graphix was verantwoordelik vir haar nuwe kapsel.
"Ek is so dankbaar vir die pamperlang-dag by Mosselbaai Mall en almal wat my so spesiaal laat voel het," het Deidre opreg gesê.

Deidre lyk asemrowend na sy onder hande van kundige skoonheidskenners geneem is. Saam met haar is Angela van Hair Graphix.