Advertorial Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - SJ Diedericks Ingelyf Prokureurs is al vir die afgelope 25 jaar 'n betroubare regsvennoot vir individue, families en besighede op Mosselbaai.
Dié boutique-regsfirma was vir etlike jare in Da Gamastraat geleë, maar is sedert Desember verlede jaar in hul nuwe tuiste by Kerkstraat 54 te vind.
Hiér kan kliënte 'n reeks verskillende dienste op 'n gespesialiseerde vlak kry - net tussen hul twee senior prokureurs, Fanie Diedericks en Niël Moolman, is daar 'n gekombineerde 83 jaar van regsondervinding. Dan is daar ook nog die rés van die span.
Die span bestaan uit nege lede wat jou in enige van die volgende velde sal kan bystaan:
- Fanie Diedericks en Niël Moolman: boedels, aktebesorging, siviele litigasie Hooggeregshof, Padongelukfonds-eise, persoonlike beseringseise en familiereg (egskeidings, kinderaangeleenthede).
- Nadia Venter: boedels en finansiële- en kantoorbestuur.
- Renthea Lindeque, Anri Vermeulen en Monique Germishuizen: transporte, verbande en staatsgesubsidieerde behuising.
- Karen Swanepoel en Gideon Landman: skuldinvorderings, siviele litigasie, onderhoudsaangeleenthede en gesinsbeskermingsbevele, skuldinvordering.
- Chrizelda Korkee: ontvangs en logistiek.
By die firma verstaan die span dat elke kliënt wat by hul deure instap, 'n unieke situasie, wat unieke oplossings benodig het.
Uitnemendheid is iets waaraan die firma absoluut toegewyd is - dít het oor die jare 'n reputasie vir betroubaarheid, integriteit en uitstekende resultate aan hulle besorg.
Met die verskeidenheid van regsdienste soos hier uiteengesit, kan kliënte verseker wees dat hulle nie net die toepaslike hulp sal kry nie, maar dat hulle dit by iemand sal kry wat beslis hul storie verstaan.
Om navraag te doen oor enige van die bogenoemde dienste, kontak die firma op 044 690 3325 of by info@diedericksinc.co.za.
VIDEO:
Niël Moolman
Monique Germishuizen
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’