Advertorial Gallery
SAKENUUS - Sedert Junie heers daar groot opgewondenheid by Pick n Pay in die Hartenbos Seefront Sentrum. Die rede? 'n Splinternuwe Nissan NP 200-bakkie was op die spel vir een gelukkige kliënt wat vir R250 of meer aankope gedoen het.
Gert en Mariaan Kruger is al vir die afgelope 21 jaar in die kleinhandel bedryf en sowat 11 jaar deel van die Hartenbos-gemeenskap.
Hulle is nou betrokke by die inwoners van Hartenbos en gee onder meer 1% van die waarde van aankope terug aan genomineerde instansies. Dinsdae word 'n 5% afslag aan pensioenarisse aangebied. Die winkel spog met kraakvars groente en vrugte, 'n bakkery wat voorsien in daaglikse vars gebak, 'n deli met heerlike kos en 'n slaghuis met kwaliteit snitte.
Op Saterdag 28 September het Johan du Plessis as onafhanklike ouditeur die trekking hanteer. Daar is 10 gelukkige kliënte se aankoopstrokies getrek waarna almal hul koeverte gelyktydig oopgemaak het. Niekie van Staden het egter die breedste geglimlag aangesien hy die trotse nuwe eienaar is.
Al was daar net een bakkie om weg te gee het die ander nege wenners elk met 'n koopbewys van R1 000 weggestap. Gert en Mariaan wil graag alle kliënte bedank vir hulle lojale ondersteuning.
Dewald Jansen van Vuuren (Nissan), Gert Kruger (PnP Hartenbos eienaar), Niekie van Staden (wenner), Diana van Staden, Mariaan Kruger (PnP Hartenbos eienaar), Johan du Plessis (indepent auditor van JDL Investments) tydens die oorhandiging van 'n Nissan NP 200-bakkie by Hartenbos Pick n Pay.
Die top 10 hou asems op (van links na regs) Andries Hough, Niekie van Staden, Cindy Vorster, Nadia Roets, Peet Labuschagne, Dalene van Wyk, Louis Ribbons, CA Wepener, Harry Marks enLezelda Faul.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'