Advertorial Gallery
MOSSELBAAI SAKE-NUUS - Dertig jaar gelede op 11 November 1988 is Christoffel van Zyl Loodgieters BK offisieel gestig, kompleet met ‘n uil-logo en die slagspreuk - Die man wat nooit slaap nie. Só is Christoffel van Zyl se droom verwesenlik.
Die onderneming het begin as ‘n eenmansaak, wat vir 16 jaar as Plumb It handel gedryf het. Dit het vinnig ‘n goeie naam verdien en gevolglik uitgebrei. Vanaf 2004 het die onderneming hoofsaaklik begin spesialiseer in grootmaat-pyplyne en grondverskuiwings. Dit het aanleiding gegee dat Move It by die handelsnaam gevoeg is.
Gedurende 2008 het Christoffel egter besluit om net op siviele werk te konsentreer. Sedertien dryf die besigheid handel as Move It Civils.
Move It Civils het vroeg in 2013 slegte nuus gekry toe Christoffel gediagnoseer is met pankreaskanker. Chistoffel was dankbaar dat sy seun, Petrie bereid was om sy werk te bedank en dadelik te kom uithelp. Dit was sy wens om ten minste 1 projek saam met sy seun, wat toe alreeds sy B Ing-graad in siviele ingenieurswese behaal het, te doen.
Pa en seun was geseënd om 27 projekte saam te kon doen. Christoffel is oorlede op 2 Desember 2016 oorlede. Ten spyte van die terugslag kon Petrie en sy span voortbou op die goeie fondasie wat gelê is. Vandag staan Move It Civils steeds sterk en toon die besigheid steeds groei.
Move It Civils is dankbaar vir 30 jaar waarin hulle suksesvol besigheid kondoen. Daarom bedank hulle hul kliënte en verskaffers. Besonderse dank gaan aan die Move It Civils-span – permanente asook tydelike personeel, sonder hulle sou dit nie moontlik gewees het nie.
Move It Civils bly innoveer, aanpas en is positief oor die toekoms.
Webwerf: http://moveitcivils.co.za/
Facebook page: https://www.facebook.com/moveitcivils/
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'