Om elke hoek en draai het kliënte by lekker proe-hoekies saamgedrom en verskeie veranderinge, wat onlangs aan die winkel aangebring is, het almal aan die gons gehad.
Daar is ook heerlik gekuier om die koffiekroegie se tafels, en daar is goed gesmul aan die lekker eetgoed. Die maandelikse markdae is 'n unieke konsep waarmee Mosselbaai SuperSpar vorendag gekom het om iets terug te gee aan hul lojale kliënte.
Maak seker u mis nie die volgende markdag (gewoonlik op die laaste Vrydag van die maand) nie!

'n Feestelike atmosfeer het in SuperSpar op Vrydag, 26 Augustus, geheers toe die winkel die eerste verjaardag van hul gewilde maandelikse markdag gevier het.

Sommige gelukkige kliënte wat gedeel het in die Markdag vieringe, het weggestap met indrukwekkende pryse . . .
Foto's: Jeneane Scheepers