Alle voertuie ondergaan ’n intensiewe 80-punt toets, asook ’n volledige diens voordat dit aan die publiek gebied word en juis dít is die rede dat gelukkige kliënte terugkeer vir hul volgende transaksie op ’n voertuig.
Die bekende perseel in Voorbaai word beman deur Leon Pienaar en Tobie Douglas, waar Tobie veral spesialiseer in die 4x4-mark.
Eersdaags sal daar ook ’n nuwe tak wees in Marshstraat, waar Johan Douglas en Ben Fourie die verkoopspersoneel sal wees. Tussen die twee takke word ’n wye keuse kwaliteit voertuie gebied.
Die dienste van Dina Fryer, ’n goedgekeurde finansiële verteenwoordiger, is op die persele beskikbaar, wat sorg dat kliënte die beste transaksie by die banke kry, asook die beste versekeringsdekking. Meganiese waarborge op voertuie is ook beskikbaar.
Met sowat 80 jaar gesamentlike ervaring in die motorbedryf, is die goed opgeleide personeel toegerus om die beste diens aan alle kliënte te bied. Besoek ons by die nuwe perseel in Marshstraat by die Engen motorhawe of in Voorbaai.
Eienaars Dries Douglas en Frik Hayward nooi almal uit om by ons aan te klop, ons diens te ervaar en weg te ry met die voertuig van u drome.
Leon Pienaar

Tobie Douglas
Johan Douglas
Mosselbaai Motors Marshstraat
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'