Advertorial
MOSSELBAAI SAKENUUS - "Dit gaan in die eerste plek nie oor die verkoop en diens van voertuie nie, ons besigheid gaan oor mense," só sê Gideon Knoetze, eienaar van Mosselbaai Ford.
Tot groot verligting van talle bekommerde Ford-kliënte, en ook die 19 voormalige werknemers wat weer aangestel is, het Mosselbaai Ford op Woensdag, 31 Julie sy deure oopgemaak.
In gesprek met die nuwe eienaar, Gideon Knoetze, vir die afgelope 12 jaar ook eienaar van Volkswagen Mosselbaai, word dit gou duidelik wat die geheim is dat hierdie handelaarskap verskeie kere met die louere weg kon stap as die beste Volkswagenhandelaar in Suid-Afrika.
Knoetze praat met meer opgewondenheid oor sy nuwe kliënte as sy nuwe besigheid "Dit gaan nie in die eerste plek oor die verkoop en diens van voertuie nie, ons besigheid gaan oor mense. Jy kan die beste produk hê, maar sonder die kliënt het jy nie 'n besigheid nie."
Hierby voeg die nuwe handelaarshoof, Piet Potgieter, entoesiasties "Ons glo in ons produk, maar ons glo baie meer in ons mense. Ons wil ons kliënte ken. En hulle moet ons kan vertrou. Ons kliënte kan van ons wêreldklasstandaarde met plattelandse waardes verwag."
Knoetze, wat 'n finansiële beleggersagtergrond het, sê hy het as kliënt al self die frustrasie en ontnugtering ervaar wanneer 'n mens met die berugte slegte kant van die motrobedryf te doen kry. Sy aanvanklike planne om net as belegger betrokke te raak, het daarom uiteindelik tot volskaalse betrokkenheid ontwikkel.
"Ek wil nie deel wees van 'n besigheid wat die etiket van oneerlikheid dra nie. Saam met elke voertuig wat ons verkoop, verkoop ons iets baie belangriker, ons verkoop dit waarvoor ons staan, ons waardes. My besigheid kan nooit los staan van my persoon nie. Karakter, integriteit, eerlikheid en goeie verhoudings het nie 'n prys nie, en is nooit onderhandelbaar nie."
Een van Mosselbaai Ford se eerste doelwitte is om te verseker dat kliënte wat in die afgelope maande ontwrig is met volle vertroue kan reken op die handelaar se beskikbaarheid en kundigheid om enige diens- of produkverwante navrae onmiddelik aan te spreek. Daarom rig Piet Potgieter as handelaarshoof die uitnodiging aan alle kliënte om met vrymoedigheid met hom te skakel.
Kan Mosselbaai verwag dat Mosselbaai Ford ook binnekort as die beste in Suid-Afrika bekroon sal word?
Knoetze: "Ons wil nie grootpraterig wees nie. Ons het groot uitdagings om die besigheid van die grond af op te bou. Ons kompeteer ook nie met ander handelaars nie. Maar een ding is seker, ons sal die beste wees wat óns kan wees. Ons is nie hier om ander handelaars uit te stof nie, ons is hier om ons eie hoogste potensiaal te bereik terwyl ons omsien na die belange van ons kliënte."
As die entoesiasme, deeglikheid en nuwe energie enigsins 'n maatstaf is van wat by Mosselbaai Ford gaan gebeur, kan Ford-kliënte beslis beter vooruitsigte hê as die onsekerheid van die afgelope maande.
Vir enige navrae oor Mosselbaai kontak hulle by 044 695 2180 of www.fordmosselbay.co.za
Piet Potgieter (handelaarshoof) en Gideon Knoetze (eienaar) in die verkooplokaal van Mosselbaai Ford.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'