Advertorial
PROMOSIE ARTIKEL - Die samesmelting van twee van die oudste ouditeursfirmas in die Suid-Kaap, Moore Southern Cape Ingelyf, saam met sy verwante maatskappye, is tans as een van die grootste van sy soort vir die gebied tussen Gqeberha, Kaapstad en Bloemfontein.
Hierdie opwindende besluit is 1 Desember 2023 beklink nadat Mazars se George-kantoor by Moore Southern Cape aangesluit het.
Mazars se twee senior direkteure, Jacques du Plessis en Prieur du Plessis, is deur die senior direkteure van die Moore-span op hul paneel verwelkom. Hulle sluit in Kobus Wolmarans, Andriette Badenhorst, Heinie de Jager en Fanus Truter.
Die junior direkteure van Moore Southern Cape en verwante maatskappye is Chantall Botha-Sauer, Candice Kelton, Carla du Toit, Elanie Sims, Salome Laufs, Willemien Wessels en Zelda Liebenberg.
Met leierskap van altesaam 13 direkteure en meer as 120 personeellede word die kundigheid van beide firmas slim gekombineer. Die samesmelting is nie net 'n strategiese sakeskuif nie, maar identifiseer talle geleenthede. Moore Southern Cape Ingelyf is met trots dié plek vir enige finansiële advies en ondersteuning, insluitend oudit, belasting, rekeningkunde, sekretariële dienste en die administrasie en advies van bestorwe boedels. Die ses senior direkteure is gretig om hierdie reis saam aan te pak.
"Ons glo dit sal lei tot groter doeltreffendheid, uitstekende diens en bekamping van stygende koste tot voordeel van ons kliënte."
Die bestuurspan van Moore sluit in, voor van links na regs Michelle van Zyl, Candice Kelton, Salome Laufs, Carla du Toit, Jacques du Plessis, Kobus Wolmarans, Sarelle Marais, Willemien Wessels en Andriëtte Badenhorst. Agter van links na regs is Liza Rossouw, Zelda Liebenberg, Herman Vermeulen, Minette van Wyk, Eugene Swart, Carien Gericke, Deidré Pace, Heinie de Jager en Fanus Truter. Cobus Janse van Rensburg en Willem Esterhuysen was nie beskikbaar vir foto's nie.
Die volgende direkteure, bestuurders en assistentbestuurders was nie teenwoordig vir die groepfoto nie:
Van links na regs: Prieur du Plessis,Mia de Wet, Chantall Botha-Sauer, Lauren Frans, Moreeda Parker en Elanie Sims.
Moore is oral
Moore Southern Cape val onder die Moore Global-sambreel wat bestaan uit 228 onafhanklike firmas, 34 000 personeellede en verteenwoordiging in meer as 110 lande. Met kantore dwarsoor die land vul Moore die negende plek in Suid-Afrika, en die elfde plek op die wêreldranglys.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’