Tela Grande is die afgelope naweek tydens Hartenbos Laerskool se jaarlikse Beesloop vir die eerste keer aan inwoners bekendgestel en ‘n heerlike fliekatmosfeer met gesinne op komberse en kampstoele wat springmielies eet en fliek kyk, is geskep.
Tela Grande is ook beskikbaar vir verhuring aan persone en instansies vir buiteluggeleenthede en -feeste. Die onderste gedeelte van die skerm beskik oor advertensiespasie vir besighede en adverteerders kan promosiemateriaal op die skerm laat draai voor die film vertoon word – ‘n unieke bemarkingsgeleentheid.