Chris tesame met sy getroue en bekwame span werkers, wat reeds 'n paar jaar by Mass Hire in diens is, is die oplossing vir die beste diens en pryse as dit kom by die verhuring van implemente en toerusting asook die herstel van gereedskap.
Mass Hire verhuur kompressors, implemente, 'plant en power tools', asook 'scaffold' en verskeie ander gereedskap teen bekostigbare pryse. U spesiale behoeftes vir die aankoop, gebruik of verhuring van gereedskap is ook 'n opsie en ook teen sakpas pryse.
Mass Hire bedien die hele Hessequa-streek (Riversdal, Heidelberg, Stilbaai, Jongensfontein en Albertinia) asook Ladismith, Van Wyksdorp, Barrydale en Swellendam.
Mass Hire is ook betrokke by die verskaffing van toerusting aan die N2 padwerke projek asook die Stilbaai hawe projek en is veral betrokke by inkomende kontrakteurs vanaf George en Mosselbaai wat binne die Hessequa-streek werk.
Mass Hire doen ook aflewerings wanneer gereedskap en komponente aangekoop word.
Volgens Chris is hy baie dankbaar teenoor hul kliënte vir die goeie ondersteuning deur die afgelope twee jaar en beoog hy om voort te bou op die goeie, gehalte diens waarvoor Mass Hire bekend staan.
Maak vandag 'n draai by Mass Hire te Steadfry Laan 31 in die Industriële gebied in Stilbaai-Oos of skakel hulle by 028 754 2804.
Mass Hire kan ook gekontak word per faks by 028 754 3180 of per e-pos by chris@masshire.co.za. Besoek ook gerus die Mass Hire webtuiste by www.masshire.co.za

Die vriendelike en bekwame span van Mass Hire in Stilbaai is van links: John van den Berg, Reginald Pandaren, Oloff Scholtz, Chris Olivier en Anita Gerber. Inlas bo Danie Olivier en onder Christolien Olivier.