Advertorial
MOSSELBAAI NUUS - Rocco De Villiers het in die Vaalharts-distrik met beeste en skape geboer waar hy ook ‘n slaghuis op die plaas bedryf en vleisbestellings na dele van Gauteng gestuur het.
Nadat hy hier kom vakansie hou en Mosselbaai se pragtige skoon strande en vriendelike mense ervaar het, het hy besluit om hierheen te verhuis.
Alles het goed uitgewerk en op 1 Julie 2017 het Divvies Slaghuis in Hartenbos sy deure oopgemaak.
Met baie jare se ervaring in die vleisbedryf, is die kwaliteit van alle vleisprodukte en snitte vir Rocco prioriteit.
Divvies bied heerlike boerewors en sosaties, biltong met geelvet en al die ander bekende en gewilde vleissnitte teen kompeterende pryse. Wildsvleisverwerking vir jagters, word ook gedoen.
Die personeel is goed opgelei en elke kliënt word met vriendelike en flinke diens bedien.
Die omgewing is geskep om ‘n verhouding tussen kliënte en personeel te bou.
Rocco en sy span staan gereed om u te ontmoet en met puik produkte in ‘n pragtige skoon en ruim slaghuis te bedien.
Die vriendelike personeel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'