Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Tyremart verskaf 'n groot verskeidenheid vertroude handelsmerk bande aan die motoris.
‘n Paar van hulle gewildste verkopers sluit in, Firestone/Bridgestone, Michelin, BF Goodrich, Goodyear, Pirelli, Dunlop, Continental, Davanti en Royal Black.
Daar is ook verskillende soorte ingevoerde bande verkrygbaar. "Ons verkoop enige handelsmerk wat die kliënt verlang," sê Tyremart se eienaar Lorette Grobbelaar.
Tyremart se diens en produkte behels ook die herstel of vervanging van skokbrekers, trekstange, uitlaatstelsels, batterye, suspensiewerk, vellings (rims), bande, CV joints en remme.
Hulle dienste sluit in: die herstel of vervanging van pap wiele, wielbalanserings en wielsporings. Hulle het ‘n 24-uur diensbakkie beskikbaar vir nooduitroepe.
- Selfoonnommer : 082 579 4574 / 082 829 7105
- Taknommer : 044 695 1557/8
- Facebook: Tyremart Mossel Bay
Tyremart se bestuur en personeel het baie jare ondervinding in hulle bedryf.
Grobbelaar is al 30 jaar in die bandebedryf. André van der Westhuizen, bestuurder, is nou 16 jaar by Tyremart; Christo van Schalkwyk, verkoopsman, 13 jaar; Stadler Grobbelaar, verkoopsman, (NQF Vlak 4 – Automotive motorwerktuigkundige) 9 jaar; en Chris Barnard, wielsporingstegnikus, 17 jaar.
Elkeen van die span by Tyremart is goed toegerus vir sy taak en die personeel werk al jare vir die maatskappy. Almal is baie betrokke in die gemeenskap op verskeie terreine wat wissel van die kerk, sportklubs en besigheid.
Lorette Grobbelaar voeg by: "Tyremart doen al vir die afgelope 20 jaar eerlike en deursigtige besigheid en watter voorreg is dit nie vir ons om aan die plaaslike gemeenskap ‘n diens te lewer na die beste van ons vermoë nie. As ons nie kan help nie, kan ons die kliënte verwys na ander besighede in die dorp omdat ons oor 'n betroubare netwerk beskik."
Chris Barnard, wielsporingstegnikus, het ook ‘n kreatiewe kant. Chris het hierdie mannetjie gebou uit materiaal wat in die besigheid van voertuie afgehaal word, soos uitlaatstelsels en skokbrekers.
Lorette Grobbelaar het op Saterdag, 26 November, 'n spanbou-geleentheid vir haar werknemers gehou.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'