Advertorial
PROMOSIE-ARTIKEL - Een van OK Express Voorbaai @ Shell Voorbaai se gelukkige klante gaan binne die volgende 12 maande 'n VW Polo Vivo ter waarde van ongeveer R315 000 wen. Dié promosie word in samewerking met Mosselbaai Volkswagen geloods.
Om te kwalifiseer vir dié ongelooflike prys moet jy 'n inskrywingsvorm by OK Express Voorbaai @ Shell Voorbaai afhaal en 20 stempels bymekaarmaak - so eenvoudig soos dit!
Een vorm met 20 stempels sal een inskrywing uitmaak.
Daar is verskeie maniere waarop jy 'n stempel kan kry:
- Gebruik jou V+ Lojaliteitskaart vir R350
- Koop by OK Express vir R75
- Koop by Vida e Caffè vir R75
- Koop by LEGO vir R400.
Jy kan dus sommer maklik vier stempels met elke besoek kry!
Die kompetisie het op 1 Mei begin en sal tot 30 April 2026 duur. Daar is elke maand 'n prystrekking, en dus elke maand 'n wenner. Elkeen van dié wenners maak die finaliste vir die finale groot prys uit.
Die wenner van die maand ontvang 'n koopbewys ter waarde van R1 500. Elke maand se wenner ontvang aan die einde van die kompetisie 'n sleutel. Die wenner met die régte sleutel wat die VW Polo Vivo oopsluit, ry natuurlik met die motor weg!
Begin nóú al werk aan jou kanse om agter die stuur van dié gesogte VW Polo Vivo te beland.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’