Advertorial Gallery
MOSSELBAAI SAKENUUS - Dis nie aldag dat ‘n eiendomsagentskap en prokureursfirma hande kan vat en die entoesiasme deel in eiendoms- en kliëntediens nie. 3 At 1 Properties Pty Ltd se naam vind sy oorsprong in dienste wat aan kliënte gebied word as ontwikkelaars, eiendoms- en verhuringsagente.
Vanuit die nuwe prokureurskantoor sal Etienne Bedeker se span die gemeenskap te hulp staan met oordragte en regsdienste soos huwelikskontrakte, testamente, ens.
Johan Bouwer, het vroeër vanjaar met ‘n sakekonsep vorendag gekom op besoek aan Hartenbos. Hy het sy jarelange vriend, Etienne Bedeker genader wat sy entoesiasme gedeel het. Só het 3 At 1 Properties Pty Ltd met die buurmanskap van Etienne Bedeker Prokureurs ontstaan.
Binne drie maande is pragtige, moderne nuwe kantore met genoegsame parkering opgerig in Kaap De Goedehooplaan te Hartenbos. Die amptelike opening was Vrydag, 9 November op die perseel met ‘n heerlike spitbraai en gaste wat dit terdeë geniet het.
Die eiendomsspan bestaan uit die gesoute agente en suksesvolle ma-en-dogter-kombinasie, Roelien Harrison en Mara Pienaar, Willie Longland en aan stuur van sake as kantoorbestuurder, die ervare Karen Janse van Rensburg, almal jarelank al bekende gesigte in die eiendomsbedryf in Hartenbos en omgewing.
“Met harde werk en goeie diens stap ons die ekstra myl. Ons span se krag lê in ons gesamentlike ervaring. Ons is nuwe firmas met ervare personeel, met ‘n passie vir eiendomme en mense. Ons kliënte word ons vriende”, sluit Johan en Etienne af.
- 3 At 1 Poperties Pty Ltd: (044) 050 3674 /5, www.3at1properties.co.za.
- Etienne Bedeker Prokureurs: (044) 050 3677, www.etiennebedeker.co.za.
- Kaap De Goede Hoop-laan, Hartenbos.
Daar is heerlik gekuier en gesmul aan uitstekende kos tydens 'n gesellige spitbraai by 3At 1 Properties Pty Ltd se amptelike opening op 9 November.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'