Advertorial Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Judith Kemp en Louis Jordaan het na hulle aftrede besef dat “stilsit” beslis nie vir hulle beskore is nie en hulle het met die konsep van ‘n binnenshuise vakansiemark vorendag gekom.
Die afgelope twee jaar bied hulle dan op die perseel oorkant die Hartenbos gholf dryfbaan,
‘n Paas- en Kersmark aan waar uitstallers en kopers gerieflik uit die wind en son kan uistal en koop na hartelus.
Toegang is gratis en meer 150 uitstallers se ware word hierdie seisoen uitgestal.
Die produkte is nie gewone plaaslike mark items nie en 80% van die uitgestalde ware is unieke handgemaakte items.
Veral opvallend is die groot verskeidenheid produkte wat wissel van tuisgebakte koekies en beskuit tot baie spesiale kersboom versierings.
Hout speelgoed, juwele, klere, gedroogde vrugte en braai toerusting is maar slegs n paar items om te noem.
Kom maak ‘n draai en doen daardie laaste Kersinkope in die gerieflike tent wat rolstoelvriendelik en maklik toeganklik vir almal is.
Daar is slegs een betaalpunt wat ook oor kaartfasiliteite beskik en volop gemerkte parkeerareas.
Die mark is oop tot 16 Januarie.
Vir meer inligting: judith@holidaymarkets.co.za | 072 042 4255 | Holiday Markets | www.holidaymarkets.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'