Gallery Sponsored Content
MOSSELBAAI SAKE-NUUS - Neem deel aan ons ‘MOVEMBER Challenge’ om geld in te samel vir ‘n 16-jarige seun, uit ons streek, wat met kanker gediagnoseer is en tans behandeling ontvang.
Wat is MOVEMBER?
“During November each year, Movember is responsible for the sprouting of moustaches on thousands of men’s faces around the world. The aim of which is to raise vital funds and awareness for men’s health, specifically prostate cancer and other cancers that affect men.”
Fondsinsameling Reëls en reëlings:
‘n Foto van alle deelnemers in julle maatskappy en / of van jouself (indien jy deelneem as ‘n individu) moet teen 31 Oktober gestuur word aan office@rgprok.co.za, tesame met die name van almal wat deelneem. Hierdie sal deel vorm van ‘n gallery blad op die webtuistes van die Mossel Bay Advertiser, sowel as die George Herald.
Elke deelnemende maatskappy of individu kan hulle eie fondsinsameling inisiatief kies (sien wenke hieronder)
Die uitdaging bestaan uit 2 kategorieë:
- Meeste fondse ingesamel (individueel / Maatskappy)
- Beste Mo (individueel)
Inskrywings moet gestuur word aan office@rgprok.co.za, waarna ‘n bevestigende e-pos met julle verwysingsnommer aan julle gestuur sal word.
Finale fotos moet ingestuur word teen 10:00 op 30 November, waarna ons spesiale ‘snorbeoordeelaars’ hulle mo-jo sal toepas.
Deelnemers sal dan op 30 November, om 15:00 bymekaarkom by Rauch Gertenbach kantore in George of Mosselbaai vir ‘n ‘bier-en-boerie”, waar die wenners van ons Movember veldtog aangekondig sal word.
Rules to “Grow-the-Mo” / Mo-Snorgroei Reëls:
Op die 31ste Oktober moet die hele area waar ‘n snor sou groei (die hele bolip en handvatsel areas) geheel en al skoongeskeer wees (vir die begin-foto).
Geen “Bokkie-groeisel” sal toegelaat word vir die duur van die Movember-uitdaging nie (1 Movember – 30 Movember) – dit is dus enige haargroei onder die onderlip.
Dit is nie toelaatbaar om die snor te laat aansluit by die ‘sidies’ (‘sideburns’) nie.
Sou enige van die reëls oortree word, mag die “offisiële Movember Komitee” op hulle diskresie, sekere finansiële boetes in werking stel en mag oortreding van die reëls lei tot oneindige ge-terg en kommentaar van ander Movemberers.
Die Movember Komitee aanvaar geen verantwoordelikheid vir werksverliese, velirritasies, kos/bier neerslae op jou Mo, of enige dergelike voorvalle wat die draer van ‘n “Movember Moustache” kan oorkom nie ..... Jy het self die ding gekweek.....
Vir meer inligting en wenke, kliek asb hier.
Fondsinsamelingswenke:
Interessante fondsinsamelingswenke kan gevind word op die offisiële webtuiste van die Movember organisasie op die skakel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'