Op 28 Februarie en 1 Maart, by Checkers se ingang, in samewerking met die hoof-borge, Bay Side Centre en Oxi-Gym, bied Crazy Creatures vanjaar vir die vyfde keer die gewilde CRAZY BIGGEST LOSER kompetisie vir vroue, mans en kinders aan.
Die kompetisie strek oor drie maande, van 1 Maart tot 30 Mei 2014, en die inskrywingsgeld beloop R100 per persoon.
Elke jaar na die seisoen verby is, voel party van ons 'n rolletjie of twee bo ons gunsteling langbroek uitsteek of daardie langbroek pas glad nie meer nie – nie eers amper nie...
"As dit dalk JY is – kom neem deel aan ons jaarlikse Crazy Biggest Loser-kompetisie en staan 'n kans om groot pryse te wen terwyl jy die lastige ekstra kilo's laat verdwyn!"
Die inskrywingsgeld van R100 sluit 'n gimnasiumbewys in om in hierdie tydperk te gratis te gaan oefen, en word jy ook ondersteun om vir 'n tydperk van drie maande 'n gesonde eetplan te volg. Deelnemers het al ongelooflike goeie resultate bereik met die kompetisie – en die lekkerste is dat jy dit saam met ander mense doen wat presies dieselfde doelwit het as jy – om weer in daardie kleiner langbroek gemaklik te pas!
Mans, vroue en kinders kan deelneem aan die kompetisie. Elkeen volg sy eie eetplan waarmee hy/sy gemaklik voel. "Ons skep die omgewing vir jou as deelnemer om werk te maak van iets wat vir jou belangrik is, maar nie presies weet hoe om daardie doelwit te bereik nie."
Daar is ongelooflike pryse op die spel! Tien finaliste word gekies, waaruit drie wenners op 'n groot finale prysuitdeling op 31 Mei aangewys word. Wenners word beoordeel volgens die persentasie gewig wat hulle verloor en dit als word in 'n goeie gees gedoen. Al het jy miskien nie so baie kilo's om te verloor nie, sal hierdie kompetisie jou motiveer om die jaar vorentoe met mening aan te durf – sonder 'n rolletjie om die middel.
Die kompetisie skop op 1 Maart af by beide takke van Crazy Creatures – die Langeberg Mall-tak, asook die nuwe tak in die Bay Side Sentrum in Mosselbaai. Wees deel van die pret en wie weet – dalk stap jy nog weg met 'n paar duisend rand se pryse!
"Soos die vorige twee jaar reeds gedoen is, wil ons weer 25% van alle inkomstes wat deur die kompetisie gegenereer word aan Kansa skenk. Deur deel te neem, lewer jy dus ook 'n bydrae vir 'n baie goeie doel."
Vir enige verdere vrae, kontak Elsabé by 082 6973 813.
"Ons wag vir julle inskrywings!"

Elsabé Greyvenstein (eienaar) van Crazy Creatures Boutique voor die boutique toe dit nog in die Mosselbaai Mall-Heiderand was. Daar is nou takke in die Langeberg Mall asook die nuwe tak in die Bay Side Sentrum in Mosselbaai.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'