Advertorial Gallery Video
SAKENUUS - Vanjaar was die derde jaar wat die Pick n Pay in die Hartenbos Seefront-sentrum 'n splinternuwe voertuig aan 'n gelukkige kliënt weggee.
Enige kliënt wat R250 of meer by dié winkel aangekoop het, kon vir die gewilde kompetisie inskryf.
Eienaars Gert en Mariaan Kruger leef hulle passie vir mense en die kleinhandel by hul Pick n Pay-winkel uit en is ook inwoners op Hartenbos. Gert en Mariaan ken hulle kliënte en wou graag, soos tydens die vorige twee jaar se kompetisies iets vir die gemeenskap teruggee.
Die Kruger-egpaar woon reeds die afgelope 13 jaar op Hartenbos en ploeg gereeld in die gemeenskap terug.
Fotogalery: PnP voertuig kompetisie trekking
Hulle het onder meer 'n gemeenskapsprojek waar die kliënte hul strokies in gemerkte houers voor in die winkel gooi en dan word 1% van die waarde van aankope aan die betrokke instansie terug gegee. Dinsdae word daar ook 'n 5% afslag aan pensioenarisse gebied.
Die Hartenbos-winkel is in die Seefront-sentrum geleë waar volop veilige parkering, naby aan die winkel beskikbaar is.
Die eerste indruk wat jy kry wanneer jy hierdie Pick n Pay besoek is 'n silwerskoon en netjiese inkopie-ervaring.
Boonop brei Gert en Mariaan ook hulle horisonne vanjaar uit deur binnekort 'n Pick n Pay Clothing op die aangrensende perseel te open.
Kyk 'n video hieronder:
Kompetisie
Die idee van 'n motor as weggeeprys is Gert se breinkind. Die MP200 bakkie of Datsun Go wat gewen kon word was op Saterdag, 2 Oktober 2021 vol inkopiestrokies van hoopvolle inkopiegangers.
Pioneer Foods en Nissan was by die projek betrokke en het tot die prys bygedra. Die grootste borg van die motor was Gert en Mariaan.
'n Vereiste van die gewilde kompetisie is dat voornemende wenners op die betrokke dag by die trekking moet wees. Die groot getal inkopiegangers wat hoopvol op die groot prys gewag het te midde van gietende reën was 'n toonbeeld van hoe gewild die kompetisie al geword het.
Die motor wat as prys beskikbaar gestel is het soos 'n veldbrand versprei en honderde inkopiegangers het die sentrum op die betrokke oggend besoek.
'n Ouditeur van André Kleynhans Ingelyf het die trekking behartig en finaliste wat op die dag teenwoordig was, het elk 'n groot bruin koevert gekry. Slegs een van die 10 gelukkige kliënte sou die wenner wees en kon dan kies tussen die bakkie of die motor. Daar is ook aan elk van die nege naaswenners 'n R1 000 koopbewys aangebied vir aankope by PnP Hartenbos.
Die gelukkige wenner, Clemence Ribbons van Touwsrivier het Hartenbos slegs vir die naweek besoek en het op Vrydag, 1 Oktober meer as R250 se inkopies, op sy vrou se aandrang, by die Pick n Pay gekoop. Ribbons was oorstelp van vreugde en het dadelik aangedui dat hy graag die bakkie as prys kies.
Die gelukkige wenner, Clemence Ribbons was oorstelp van vreugde toe hy as die wenner va die bakkie aangekondig is.
Gert en Mariaan bedank alle kliënte vir hulle lojale ondersteuning en sê: "ons nooi inwoners uit om met ons te gesels indien hulle voorstelle het. Ons luister graag en wil altyd ons dienste en inkopie-ervaring aan ons inkopiegangers verbeter. Ons is dankbaar teenoor al ons lojale kliënte."
Die finaliste staan in afwagting en wag om te hoor wie met die groot prys sal wegry. Heel regs is Pick n Pay eienaars, Mariaan en Gert Kruger.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'