Beleef die nostalgie van boerekos soos dit bedoel is om bedien te word wanneer jy 'n kaiing ontbyt, die gewilde jaffle of smaaklike kerrie afval bestel en dit in die welige tuin geniet.
Vir dié wat minder honger is, sal 'n ligte middagete, of dalk net 'n snytjie van eienaar Adéle se gewilde koek die ding doen. Geniet die moeite wat die eienaars van die Ou Pastorie Teetuin in die tuin ingeploeg het, spesiaal om jou kuier- en eet-ervaring 'n besonderse belewenis te maak.
Hierdie is beslis ook die ideale plek om kersgeskenke te koop, want interessanthede vir kinders en volwassenes word om elke hoek en draai uitgestal.
Enigeen is ook welkom om 'n eie bottel wyn of vonkelwyn saam te bring – Die Ou Pastorie sal spesiaal vir jou glase verskaf, sonder om 'n kurkfooi te hef.
Indien jy 'n bietjie stiltetyd of kwaliteit-tyd met vriende wil hê, is die gewilde "me-time" huisie beslis 'n moet om te besoek. Hier, in die hoekie van die pragtige tuin, kan jy en jou geselskap in styl sit en kuier.
Daar is ook 'n sonderlinge kapel waar jy jou gebedsake kan doen, of net vir 'n oomblik van die gejaag kan ontsnap.
Die Ou Pastorie wil almal akkomodeer en pensionarisse kry op Woensdae 10% afslag op etes.
Kersmark
Besoek veral die teetuin van Dinsdag, 27 November tot Saterdag, 1 Desember vir die Kersmark. Boonop gaan die plaaslike Drie Tenore van Mosselbaai op 30 November van 17:00 tot 21:00 optree. Jy kan ook vir Petrolnel Baard in aksie sien tydens haar een-vrouvertoning op Dinsdag 27 Nov, Donderdag 29 Nov om 16:00 tot 19:00 en Saterdag 1 Des om 17:00 tot 21:00.Toegang is gratis en Jakkalsvlei wyne gaan saam met heerlike kos gaan aan gaste voorgesit word.
Na-ure-funksies kan op bespreking gereël word.
Die Ou Pastorie Teetuin is by Langstraat 8, Groot-Brakrivier, en is op Dinsdae tot Vrydae vanaf 08:00 tot 16:00 en Saterdae van 08:00 tot 13:00 oop vir besigheid. Gedurende die Desembervakansie is die tuin ook oop op Maandae van 08:00 tot 16:00. Bestel gerus 'n voorraad smaaklike gebak uit
Die Plaaskombuis waar Adéle se unieke tuisgebak jou vir meer sal laat terugkeer.
Vir navrae, kontak die eienaars; Adéle by 083 633 2071, of Nadia by 083 633 1338.
